×
Skakel na Engels

4 gebruike vir oorskiet-koffiemoer

Het jy geweet jou oorskiet-koffiemoer kan regtig goed te pas kom in die huis?

 

 

1. Blomplante wat van suur hou, soos rose en krismisrose, floreer op stikstofryke koffiemoer.

2. As jou kat daarop aandring om jou geliefkoosde groot blombak as toilet te gebruik, sprinkel koffiemoer daaroor om die ongewenste besoeker weg te hou.

3. Ná ’n partytjie by die huis, maak ’n vlak bakkie vol koffiemoer en gooi ’n druppel vanielje-ekstrak daaroor om kookreuke te absorbeer.

4. Koffiemoer absorbeer slegte reuke in die yskas of vrieskas – maak ’n 
bakkie vol en los dit oornag daarin.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Le Creuset-koffiepot met pers

    Gee jou oggende kleur met die kleurryke, stylvolle Le Creuset-koffiepot. Toetsers was baie tevrede met die werking daarvan....

Close