×
Skakel na Engels

4 blaaskanse wat jy by die werk móét neem

Almal het rus nodig om doeltreffend te kan funksioneer, maar die meeste van ons benut nie ons blaaskanse wys nie, sê Peter Bregman, skrywer van 18 Minutes (Business Plus). Vir ’n behoorlike onderbreking moet jy jouself fisiek verwyder van die taak waarmee jy besig is. Ruim dus daagliks tyd vir dié “opkikkers” in

 

 

12:00: Middagete tel! Twee-en-sestig-persent van Amerikaanse werknemers sê hulle eet middagete by hul lessenaar of slaan dit geheel en al oor, maar om af te vat om iets te eet sal jou ook verstandelik herlaai. En vat sommer ’n vriend van die kantoor saam – navorsing toon dat wanneer jy met ander vroue sosialiseer jou ligaam meer van die streswerende hormoon oksitosien vervaardig.

 

14:00: Vang ’n slapie – as jy daarmee kan wegkom. Eksperts is dit eens dat ’n middagslapie wondere vir produktiwiteit kan doen. Navorsing toon dat dié wat vir slegs 15 tot 20 minute tussen 13:00 en 15:00 slaap smiddae die meeste energie hê. “Dis die tyd wanneer ons volgens ons sirkadiese klok die lomerigste is,” sê dr. Alon Avidan, direkteur van die UCLA-slaapstoornissentrum in die VSA.

 

15:00: Maak ’n koffie-afspraak met kollegas. Die Harvard-wetenskaplike dr. Ben Waber het gevind dat wanneer bestuurders koffiestasies in hoëverkeersones in die kantoor laat inrig het, werknemers se gemoedere en produktiwiteit met 25% verhoog het, want mense was meer geneig om saam-saam ’n blaaskans te vat.

 

16:00: Kry ’n notaboek. Skryf (of teken) van jou drome en doelwitte neer. Gail Matthews, ’n sielkundeprofessor aan die Dominikaanse Universiteit van Kalifornië in die VSA, het deur navorsing bevind dat mense wat tyd maak om hul toekomsplanne op skrif te sit 33% suksesvoller in die verwesenliking daarvan is. Serotonien – die breinchemikalie wat jou gelukkig laat voel – neem boonop van nature later in die dag af. Om selfs net vlugtig op jou toekoms te fokus kan jou motiveer om daardie namiddagtamheid te oorkom.

 

– Melissa Walker

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Slaap beter

Die perfekte nagrus hang alles van voorbereiding af. Probeer ons moets en moenies – dit kan help om jou beter...

Close