×
Skakel na Engels

3 wenke om te keer dat jou troeteldiere vergiftig word

Dierevergiftiging in huise neem al hoe meer toe.
 Hou jou troeteldiere veilig met dié vindingryke riglyne

 

 

1. Maak ’n kniebuiging

 

Hurk ’n bietjie en beskou die wêreld vanuit jou troeteldiere se perspektief (en ooghoogte). Teiken enige moontlike gevare soos die motgifballetjies in jou klerekas of die medisyne wat jy op die kombuistoonbank vergeet het. Gee aandag aan plekke waar jou stofsuier nie kan bykom nie.

 

 

 

2. Wees tuin-geleerd

 

Jou tuin is dalk die beste plek waar jou diere vry kan rondhardloop, maar daar skuil ook allerlei gevare waarvan jy moet kennis dra:

 

  • Tamatieplante (nie die vrugte nie) is veral vir honde giftig om te eet. Vra jou veearts vir ’n lys van skadelike plante.
  • Wees versigtig met die gebruik van kunsmis en plaagdoders wat noodlottige gevolge vir jou troeteldiere kan inhou.
  • Gaan die etikette van chemiese tuinmiddels na en baken gebiede af waar jy gifstowwe gebruik.

 

 

 

3. Pasop vir skoonmaakmiddels

 

Troeteldiere is van nature nuuskierig. Maak dus seker dat kasdeure toe is en hou skoonmaakmiddels buite hul bereik.

TE LAAT? As jy vermoed dat jou troeteldier vergiftig is, kyk uit na tekens soos ongewone gedrag of uitermatige braking en kontak jou veearts onmiddellik.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief