×
Skakel na Engels

3 wafferse webtuistes vir selfdoenwenke en -truuks

Of jy nou hulp kort met ‘n huidige projek of vars, nuwe idees soek, hierdie webtuistes het al die antwoorde

 

www.prettyhandygirl.com

 

Brittany Baily is ons soort meisie. ‘My mantra is “As iemand iets kan doen, is daar ’n 95% kans dat ek dit ook kan doen!”’ skryf sy op haar blog. Pretty Handy Girl dek allerlei selfdoenraad, van loodgieterswerk tot naaldwerk, herwinning, bouwerk, landskapuitleg, herstelwerk en verfwerk. Jy sal projekte met lyste vol benodigdhede en geïllustreerde stap-vir-stap-aanwysings vind wat jou selfdoen-vingers sal laat jeuk, en die ‘My Toolbox’-seksie (met video-lesse) is’n móét as jy nie ’n tang van ’n koevoet kan uitken nie.

 

Twitter: PrettyHandyGirl

Facebook:  Pretty Handy Girl

Pinterest:  Pretty Handy Girl

 

 

www.pinterest.com

 

Miljoene mense oor die wêreld heen stem saam dat Pinterest hul eerste stop is wanneer hulle na selfdoenidees op soek is. Die gedagte is om sulke ondernemings wat jy in die toekoms self wil aanpak, op doelgemaakte, persoonlike (en indien verkies, private) borde vas te pen. Omdat Pinterest ’n wêreldwye selfdoenversameling is, kan jy ook net deur alles snuffel. Kliek op dít waarvan jy hou en dit sal jou na die oorspronklike webtuiste herlei waar jy aanwysings, inligting, of selfs beter nog, meer projekte sal aantref!

 

Twitter: Pinterest

Facebook: Pinterest

Pinterest: Pinterest

 

 

www.home-dzine.co.za

 

Dié Suid-Afrikaanse webtuiste inspireer huiseienaars met praktiese raad aangaande onderhoud, huisverbeterings, herstelwerk, dekor en handwerk – in jou huis én in jou tuin. Die bekostigbare − en uitvoerbare – projekte word gelys, van hangligte met klitsers tot hartkuns van bladmusiek, terwyl vindingryke huishoudelike wenke onder meer fokus op hoe om harde plastiek-verpakking met ’n blikoopmaker oop te sny. Wat ook al die kwessie, Home-Dzine het iets sinvols om te deel. Kompetisies en weggeekanse verleen ekstra glans.

 

Twitter: HomeDzine1

Facebook:  Home-Dzine.co.za

Pinterest:  Home Dzine

 

 

 

Saamgestel deur: Leah van Deventer en Carinè Müller

Bron: Goeie Huishouding-tydskrif

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Eis jou motorhuis terug

As jy nét jou motor in jou motorhuis kan vind, is dit tyd vir briek aandraai. Merk ’n dag op...

Close