×
Skakel na Engels

3 verrassende geheime om vetplante te kweek

Vetplante is ’n gewilde tuintendens, maklik om te kweek en ideaal vir warm kolle in jou tuin. Hier is wenke oor dié veelsydige plante

1. In stryd met wat baie mense glo, hét vetplante water nodig

 Dis waar, hulle is gekweek om droogte te oorleef met hul vlesige blare wat vogreserwes behou, maar om die meeste uit hulle te put moet jy hulle gedurende droë somerweer natmaak. Een keer elke sewe tot tien dae is gewoonlik genoeg.

2. Nie alle vetplante het vol son nodig om te gedy nie 

Daar is verskeie variëteite vetplante wat vir gedeeltelike skadu geskik is, soos die meerjarige haworthias en die bosplakkie.

3. Maar hulle het goed gedreineerde grond nodig

Voeg riviersand en kompos by swaar kleigrond. Vir potplanthouers, gebruik ’n mengsel van sand en ligte kompos met klippe op die bodem van die houers om goeie dreinering te verseker.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vars nuwe geur van Michael Kors

Met lieflike warm note soos tonkaboontjie en wit muskus is dié geur ’n móét vir die winter. Egiptiese jasmyn, katjiepiering,...

Close