×
Skakel na Engels

3 verrassende gebruike vir opknapper

Daar’s meer gebruike vir hierdie haarmiddel as wat jy dink
condition

 

As jy nou jou badkamerkas oopmaak, is ons seker jy sal bottels opknapper daarin kry wat jy nie gebruik het nie, of jy het ’n ander handelsmerk sjampoe en opknapper begin gebruik en die ou bottels sit en versamel stof in ’n hoekie. Ons het drie slim maniere waarop jy dit in jou skoonheidsroetine kan gebruik.

1. Skeerroom

Is jou skeerroom op? Moenie bekommerd wees nie – gebruik bloot jou opknapper. Skuim is nie ’n moet wanneer dit by skeer kom nie; opknapper sal die hare op jou bene en onder jou arms glad stryk en sal net so goed soos skeerroom werk. Jy gebruik minder water en jou vel sal sysag voel.

2. Opknapper vir jou grimeerkwaste

Om jou grimeerkwaste skoon te maak is belangrik, veral om higiëniese redes, maar dis ook belangrik om dit te versag om te keer dat dit styf raak. Verdun jou opknapper (een teelepel vir een koppie water) en doop jou kwaste in die oplossing om te keer dat dit uitdroog.

3. Materiaalversagmiddel

Het jy geweet die versagtingsmiddels in opknapper is ook veilig om vir klere te gebruik? Voeg dieselfde hoeveelheid opknapper by jou gewone bondel wasgoed as wat jy versagmiddel sou gebruik. Jy kan ook jou kantonderklere met opknapper met die hand was. Voeg eenvoudig ’n druppel opknapper by water en was dan jou fyn klere daarin. Dit is ’n wonderlike wenk vir wanneer jy reis.

Lees nog skoonheidstories

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 van die beste veeldoelige skoonheidsprodukte

Hierdie slim, veeldoelige skoonheidsprodukte sal jou soggens kosbare tyd spaar.

Close