×

3 vakansiegevare vir jou troeteldiere

Moenie hierdie feesversierings binne die bereik van jou diere los nie
troeteldiere

 

TINSEL

Ja, dit blink dalk, maar dis nie ’n katspeelding nie! ’n Enkele stringetjie kan in ’n kat se derms verstrengel raak en ernstige skade veroorsaak.

 

HULSBOOM EN MISTEL

Hoewel poinsettias ’n slegte reputasie het (en ja, om dit in te neem kan maagpyn of selfs iets ergers veroorsaak), is hulsblare en -bessies en mistel ook giftig vir honde en katte.

 

LEKKERGOEDKIERIES

Die vreemde vorm en die plastiekomhulsel kan verstikking veroorsaak. Nog erger? Die suikervrye weergawe met xilitol is giftig vir honde.

 

Lees ook:

Wat nooddokters in hul huise sal verbied

6 gevaarlike speelgoed uit die jare toet

Hoe om jou hond op jou nuwe baba voor te berei

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Benut jou tuisblyvakansie ten volle

Benut jou vakansie by die huis ten volle met hierdie wenke

Close