×
Skakel na Engels

3 truuks vir ’n gladder vel

Volg eenvoudig hierdie vinnige en maklike wenke van ons kenners

 

1. VERBLOEM DONKER KOLLE

‘Grimering wat lig weerkaats bedek nie net ouderdomsvlekke nie, maar gee die vel ook ’n gesonde gloed, wat donkerheid teenwerk,’ sê Christina Zilber van Jouer-skoonheidsprodukte. Tik ’n ligweerkaatsende verbloemer bo-oor ouderdomsvlekke. Probeer Catrice Re-Touch Light Reflecting Concealer (R54,95) in (020) Light Beige.

 

2. DOEN WEG MET ROOI

Begin met ’n basislaag wat ’n groen ondertoon het en wend daarna ’n vloeibare onderlaag (in jou vel se skakering) bo-oor enige rooi areas aan. Probeer Zilber se truuk vir ’n vleklose bedekking: doop ’n klam onderlaag-sponsie in die onderlaag en stippel dit aan jou vel. Deur die sponsie nat te maak, help jy om die grimering so glad as moontlik aan te wend – nie soos ’n masker nie.

 

3. VERBAN LETSELS

Weerstaan die versoeking om jou grimering te wil aanplak: te veel verbloemer vestig juis die aandag op daardie lastige puisies. ‘Tik ’n klein hoe- veelheid daarop met ’n lipkwas wat ’n fyn punt het,’ sê Zilber. Vir beter bedekking, meng die verbloemer met ’n druppel onderlaag voordat jy dit aanwend, stel Warren voor. Probeer een met salisielsuur wat probleme beveg, soos M.A.C Matchmaster Founda- tion SPF 15 (R320) in jou skakering.

 

 

Bron: Goeie Huishouding-tydskrif

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou een-minuut- gesondheidskuur

Gebruik drukpuntterapie, ook bekend as ‘die wêreld se natuurlikste noodhulp- toerusting’ om ’n aantal siektes in die kiem te smoor

Close