×
Skakel na Engels

3 topwenke vir lieflike lokke

Volg hierdie beproefde en getoetste truuks en tendense vir jou mooiste, gesondste lokke tot nog toe

Sê totsiens vir droë, beskadigde en dowwe hare! Volg hierdie drie ekspertwenke vir mooi golwende, glansende lokke:

1. LUGDROOG

Prop daardie hittehaartoestelle uit! Natuurlike tekstuur is nou hoogmode. Só doen jy dit sodat dit goed lyk: Wend jou gewone aanlos-serum of -room aan klam hare aan, draai 5 cm-stringe hare rondom jou vingers weg van jou gesig om dit te laat krul en laat jou hare natuurlik droog word.

Wanneer jy jou hare meer versorg wil laat lyk, soos op werkdae, is die geheim tot ’n perfekte selfdoen-uitblaas in die borsel. Draai seksies om ’n ronde borsel met natuurlike hare eerder as om ’n spaanborsel of kam te gebruik wat jou hare plat kan laat lê.

LEES: Maak jou eie haarsproei om koeke uit te kry in minder as ’n minuut!

3. KLAPPEROLIE

Die GH-skoonheidslaboratorium in die VSA is dol oor voedende klapperolie, of dit nou in sy suiwer vorm of as ’n bestanddeel in produkte is. Studies toon dat dit die hare kan binnedring en “proteïenverlies met gereelde gebruik kan verminder”, sê die dermatoloog dr. Francesca Fusco.

LEES: 20 ongelooflike goed wat jy met klapperolie kan doen

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Salongeheime vir fantastiese vlegsels

Laat jou vlegsels fantasties lyk met hierdie maklike stappe.

Close