×
Skakel na Engels

3 superkosse wat jou sal help jonk bly

As jy goed eet, sal jy ook so voel én lyk

Dié kosse sal jare by jou lewe voeg, sê die dieetkundige Elizabeth Somer, skrywer van Ageproof Your Body (McGraw-Hill):

SALM (vars of geblik) is propvol omega 3, wat jou vel gladstryk, en bevat ook ’n antioksidant wat die vel se immuniteit ’n hupstoot gee en pofferigheid help teenwerk.

GEBLIKTE TAMATIES bevat likopeen (selfs meer as vars tamaties), wat die vel teen UV-strale beskerm. Alle tamaties is ryk aan vitamien C, wat jou vel ferm hou deur die kollageen en elastien in stand te hou.

SONNEBLOMSAAD is ryk aan vitamien E, wat help om jou vel teen verouderingselemente in die omgewing, soos lugbesoedeling, te beskerm.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Sê “ja” vir Tygervallei se Bruidsbelewenis

Of jy nou ‘n toekomstige bruid is, getroud, maar steeds dol oor enige iets wat trou aanbetref of as jy...

Close