×
Skakel na Engels

3 smullekker resepte vir flesslaaie

Hierdie flesslaaie vir middagete wat jy vooraf kan maak, is ideaal om die vorige aand se oorskiet te benut
flesslaaie

 

Pak dit laag vir laag

Giet die slaaious eerste in en voeg oorskietgraan en -proteïen (soos boontjies, hoender of tuna) en stewige groente by.

Plaas ligte kos soos blaarslaai bo-op. (Hier is nog nuttige wenke oor hoe om jou flesslaai te pak, want niemand hou van pap slaaiblare nie!) 

Sit die deksel op en hou dit in jou koelsdak of die yskas.

Skep alles in ’n bakkie – of gryp net ’n vurk en val weg!

 

3 vinnige flesslaaie vir middagete

PASTASLAAI

Plaas die volgende in lagies opmekaar: 2 e balsamiese vinaigrette; 1⁄2 k gaar pasta; 1⁄4 k gekapte komkommer; 5 Roma-tamaties, gehalveer; 1⁄4 k gedreineerde cannellini-bone; 1⁄2 k babaspinasie en vars basilieblare.

SESAMHOENDERSLAAI

Plaas die volgende in lagies opmekaar: 2 e sesam-gemmerslaaisous; 1⁄2 k gekapte rooikool; 1⁄2 k gekapte gaar hoender; 1⁄4 k gerasperde wortel; 1⁄2 k gaar quinoa; en 2 e drooggeroosterde edamame of wasabi-ertjies.

BURRITO-SLAAI

Plaas die volgende in lagies opmekaar: 2 e romerige slaaisous; 1⁄2 k gedreineerde swartboontjies; 1⁄4 k mieliepitte; 1⁄4 avokado, gekap; 1⁄3 k gaar rys; 1 k gekapte blaarslaai en 1 e gerasperde cheddarkaas.

Ons het nog ’n paar heerlike flesslaaie vir jou, asook die perfekte slaaisousformule. Njam!

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 wenke vir gesonde, verloklike kosblikkos

Om gesonde kosblikkos in te pak is ’n uitdaging wat die moeite werd is om aan te pak. Hierdie wenke...

Close