×
Skakel na Engels

3 selfverbruiners

Wil jy lyk en voel of jy nog met vakansie is? Probeer een van dié drie selfverbruiningsprodukte wat ons beproef en getoets het – en dol oor is!

 

 

1. St Tropez Self Tan Bronzing Mousse (R411).

“Dis maklik om aan te wend en het nie daardie tipiese reuk van ’n kitsverbruiner nie.” – Toetser

 

2. Xen-Tan Face Tanner (R225, by voorste salonne) is ’n behandeling en sonbruin in een.

“Dit het my ’n baie natuurlike en gesonde kleur gegee. Dit bevat geen sonskerm nie; daarom het ek my vogroom met bygevoegde SBF gebruik. My vel het nie ’n uitslag gekry nie; ek is beïndruk.” – Toetser

 

3. Caribbeantan Gradual Colour Tan in a Can Self Tan (R84,95).

“Ek was absoluut mal oor dié produk. Dit los nie strepe nie en dit bly vir ’n goeie week aan voordat jy dit weer hoef aan te wend.” – Toetser

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 produkte om jou bene koel te hou

Klop die hitte en geniet die somer met dié drie produkte wat jou voete en bene koel, verfris en energiek...

Close