×
Skakel na Engels

3 sakpas-selfdoen-idees

Kikker jou dekor op sonder om ’n fortuin te spandeer

Probeer hierdie vinnige, maklike en bekostigbare selfdoen-projekte:

 

 

VIR ONDER R100 …

Gee jou boekrak ’n mode-oomblik

’n Patroonagtergrond is vars – en so maklik. Meet net die spasie van elke vakkie en sny ’n stewige stuk karton volgens dié dimensies. (Maak seker dit pas presies reg voordat jy voortgaan.) Gebruik materiaal, muurpapier of selfs geskenkpapier en trek dit styf oor die karton, soos ’n geskenk. Druk dit teen die agterkant van die rak, en siedaar: Jy’s klaar!

 

 

VIR SOWAT R30 …

Verf ’n deur wat ’n stelling maak

Doen dit op ’n paneeldeur (gebruik verwers- kleefband vir reguit lyne), of trompe l’oeil ’n plat een: meet en merk vier reghoekige panele en omlyn dit met kleefband. Verf ’n 5 cm- strook binne die kleefband met liggrys verf. Wanneer dit droog is, verf ’n donkerder grys 1 cm-strook op die buiterand van die ligte kleur. En moenie vir vol verfblikke betaal nie – Plascon bied houertjies met verfmonsters vir sowat R25 elk.

 

 

IN ’N NAWEEK …

Stensil jou trap

Gee ’n hardwerkende deel van jou huis ’n bietjie persoonlikheid met die hulp van verf. Gebruik ’n semiglanskleur aan die voorkant van elke trap. Stensil ’n patroon bo-op wanneer dit droog is – of doen dit vryhand – in wit, swart of ’n kontrasterende kleur. Indien jou trap swaar verkeer dra, rond die verf met ’n laag watergebas- seerde poliuretaan af vir duursaamheid. As jy heeldag wasgoed op en af met die trappe moet dra, kan dit net sowel mooi lyk!

 

Uit: Young House Love (Artisan), soos in Goeie Huishouding-tydskrif verskyn

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak dit

’n Vinnige en maklike manier om ’n bietjie kleur in jou huis te bring

Close