×
Skakel na Engels

3 risiko’s wat jy in jou huwelik kan waag

Hou die liefdesvlam aan die brand met hierdie onkonvensionele raad

 

 

Soms voel dit of dieselfde huweliksraad sedert Adam en Eva se tyd die rondte doen – en jy weet hoe dít uitgewerk het. Vir haar boek The Secret Lives of Wives (Gotham) het die joernalis Iris Krasnow met meer as 200 getroude vroue gepraat om te hoor of hulle tradisionele raad volg. Wel, nee, het hulle gesê. Hulle bly verlief deur ’n paar kanse soos dié te waag:

 

Risiko 1: Onderbreek die spel. Die gelukkigste paartjies met wie Krasnow gepraat het, bestee lang tye weg van mekaar af. Gail, wat 48 jaar met Stan getroud is, het vir Krasnow vertel dat om apart vakansie te hou hul huwelik gered het. “Toe die kinders universiteit toe is, het ek alleen in Italië vakansie gehou en kunsklasse geloop,” het Gail gesê. “Ek het vol energie teruggekom, en die tyd weg van mekaar het ons mekaar meer laat waardeer.”

 

Risiko 2: Hê ’n ander man in jou lewe. “ ’n Derde van die vroue met wie ek ’n onderhoud gevoer het, het hegte vriendskappe met mans,” het Krasnow gesê. Deur met platoniese mansvriende te kuier laat ons toe om onskuldig te flankeer en laat die bloed weer deur ons are bruis. “Om ’n verhouding met ’n aantreklike mansvriend te hê wat nie jou wasbak vol tandepastaspatsels deel nie – en wat jou man se goedkeuring wegdra – laat jou begeerlik voel sonder om enige vertroue in te boet.”

 

Risiko 3: Bevredig jouself. “Baie mense onderskat die rol wat gereelde orgasmes in ’n vrou se geluk speel,” sê Krasnow. In haar boek het Marilyn, wat al 30 jaar getroud is, vir Krasnow gesê: “Alle vroue behoort hulle eie vibrators te hê. Dit vat 30 sekondes … ’n Vibrator laat jou ’n geheime lewe toe, iets wat almal behoort te hê.”

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 newe-effekte van liefde

Jy sal by hierdie gesondheidsvoordele baat vind nog lank nadat die swymelende gevoel en geheimsinnige gewigsverlies verby is

Close