×
Skakel na Engels

3 perfekte parfuumkeuses vir Valentynsdag

John Galliano se mooi parfuumbotteltjies in die vorm van ’n brief, kompleet met ’n seël en die woorde “… and this is why I am writing to you my love” op die doppie, is ’n romantiese wenkopie vir Valentynsdag!

 

 

Daar is vier geure in die Parlez-moi d’Amour-reeks (dit beteken “praat met my oor die liefde”). Almal kos R795 vir 50 ml.

  1. Die eau de toilette het note van Arabiese jasmyn en Turkse roos, gemeng met pastjoeli en muskus vir ’n moderne, vroulike interpretasie.
  2. Die eau de parfum is speels, glansryk en sensueel. Dit kombineer bloubessie-topnote met framboos en nartjie. Die hart is jasmyn, Turkse roos en laventel, met vanielje as basis.
  3. Die eau fraîche vergestalt romanse met topnote van gemmer en pomelo. Die hart is jasmyn en roos, met sipres en muskus as basis.
  4. … encore se hart is ’n bloeiselboeket met sandelhout en patsjoeli as basisnote. Dis sensueel, sjarmant en vroulik.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Stuttafords stel twee eksklusiewe nuwe sterre bekend

Vandag is ’n groot dag vir Suid-Afrikaanse skoonheidsliefhebbers, want Stuttafords stel twee groot name in hul winkels bekend

Close