×
Skakel na Engels

3 oefeninge vir ferm boarms

Gebruik ʼn ligte- tot mediumweerstand-rek vir hierdie blitsige verfermings- en versterkingsoefeninge

Kalkoen is altyd voorop in die gedagtes van fiksheidskenner Latreal Mitchell se kliënte, en nee, dit het niks met ’n heerlike Sondagete te doen nie. Hier gee sy raad vir “kalkoenvlerke”, oftewel onooglike armvet.

Hierdie slim, doeltreffende oefen-trio wat deur Mitchell ontwerp is, sal jou trisepse en bisepse verferm en enige vetlagie verbrand wat jou harde werk verbloem. Doen hierdie oefeninge twee maal, drie keer ’n week vir die beste resultate.

 Kyk hoe Latreal die bewegings demonstreer.

 

 

REK

Kies ’n rek met handvatsels vir ’n makliker greep. Geel beteken gewoonlik ’n ligte weerstand; groen is medium en rooi is swaar.

 

  1. KRUL

OEFEN BISEPSE

Staan met jou regtervoet voor jou linkervoet, met die rek onder jou voorste voet. Hou die rekhandvatsels aan weerskante van jou vas. Bring jou hande na jou skouers toe (soos op die video). Laat sak vir een repetisie. Doen 15 repetisies.

MAAK DIT MOEILIKER Plaas albei jou voete heupbreedte uitmekaar op die rek om intensiteit te verhoog.

WENK Hou elmboë gesluit langs jou sye.

 

  1. STREK

OEFEN TRISEPSE

Hou albei handvatsels in jou linkerhand teen jou linkerheup, draai die loshangende gedeelte twee maal om jou regterhand en trek die rek styf. Staan nou met jou voete uitmekaar, regtervoet voor die linkervoet. Terwyl jy jou regterhand stilhou, bring jou linkerarm op totdat jou voorarm parallel met die vloer is. Keer terug na die beginposisie. Doen 15 repetisies. Ruil kante en herhaal.

MAAK DIT MAKLIKER Draai die rek net een maal om jou regterhand om die intensiteit te verlaag.

WENK Stoot jou bors uit (dink aan ’n pou!) en trek jou maag in.

 

  1. ARMSIRKELS

OEFEN SKOUERS; TEL AS KARDIO

Staan met jou voete verder as heupbreedte uitmekaar, arms skouerhoogte langs jou uitgestrek. Maak vinnige klein sirkeltjies in die lug terwyl jy met jou voete binnetoe en buitentoe spring, asof jy sterspronge doen (soos op die video). Spring vir 30 sekondes.

MAAK DIT MAKLIKER Tree met een voet op ’n slag buitentoe.

WENK Spring vinniger om meer kilojoules te verbrand!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die 10 beste dinge van ma-wees

Die voordele van ouerskap waarvan hulle jou nie in die voorgeboorteklas vertel nie. Deur Emily-Jane Clark

Close