×

3 nuttige webwerwe vir reiswinskopies

Jy kan onverbeterde afslag en aanbiedings kry as jy net weet wáár om aanlyn te kyk

 

 

 

www.booking.com

Wil jy graag geld spaar deur sélf verblyf in Chaweng of Dubrovnik te bespreek, maar is bang vir misverstande? Bespreek en betaal (veilig, in rand) via dié fantastiese webwerf, wat die beste pryse waarborg. Enige probleme? Praat met ’n veeltalige kliëntediensverteenwoordiger. Kies uit byna 35 000 opsies – woonstelle, villas, B&B’s, oorde, hostelle en gastehuise – in meer as 180 lande, waaronder Suid-Afrika. Teken in op die webtuiste se ‘Secret Deals’ en spaar nóg.

 

www.budget-getaways.co.za 

Budget Getaways is jou eenstop-webwerf vir die room van selfsorgverblyf in die Wes-Kaap. Die uitgesoekte verblyfopsies bied “ ’n briljante verskeidenheid van ligging, waarde vir geld, ’n oog vir detail en goeie, outydse gasvryheid”. Soek verblyf volgens beskikbaarheid, jou naaste dorp (Arniston tot Yzerfontein), prys (minder as R50 tot minder as R400 per persoon), soort vakansie (vir groepe, romantiese wegbreke, ideaal vir kinders of kampeer) of blyplekke wat troeteldiervriendelik is. Lees beoordelings om jou te help besluit en vra dan ’n direkte kwotasie aan. Besluiteloos? Probeer die “browse towns”- en “new getaways”-opsies.

 

www.travelstart.co.za

Met dié fantastiese webwerf kan jy jou eie reisagent wees. Wanneer jy jou datums en bestemming intik, kry jy vlugopsies (van groot, internasionale tot plaaslike, goedkoper lugdienste) in ’n netjiese tabel, sonder irriterende opwip-kennisgewings. Verander jou vertrektyd of die aantal stoppe totdat jy tevrede met die resultaat is, bespreek en betaal. Nog iets? Neem reisversekering uit en bespreek ’n huurmotor of hotelverblyf in ’n japtrap. Gaan loer heel eerste in die “Bargain Box” vir winskopies wat jy nie kán misloop nie!

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skakel na Engels

3 nuttige webwerwe vir reiswinskopies

Jy kan bekostigbare reisaanbiedings kry as jy weet waar om aanlyn te kyk. Hier is die beste reiswebblaaie met winskopies vir vlugte, verblyf, motorhuur en nog meer

 

 

 

www.booking.com

Bespreek en betaal (veilig, in rand) via dié fantastiese webwerf, wat die beste pryse – en dus ’n besparing vir jou – waarborg. Kies uit byna 35 000 vakansie-opsies in meer as 180 lande, waaronder Suid-Afrika. Daar is selfs ’n veeltalige kliëntediensverteenwoordiger wat met kommunikasieprobleme kan help. Teken in op die webtuiste se ‘Secret Deals’ en bespaar nóg.

 

www.budget-getaways.co.za

Budget Getaways is jou eenstopwebwerf vir die room van selfsorgverblyf in die Wes-Kaap. Soek verblyf volgens beskikbaarheid, jou naaste dorp (Arniston tot Yzerfontein), prys (minder as R50 tot minder as R400 per persoon), soort vakansie (vir groepe, romantiese wegbreke, ideaal vir kinders, of kampeer) of troeteldiervriendelike blyplekke.

 

www.travelstart.co.za

Met dié fantastiese webwerf kan jy jou eie reisagent wees. Wanneer jy jou datums en bestemming intik, kry jy vlugopsies (van groot, internasionale tot plaaslike, goedkoper lugdienste) in ’n netjiese tabel, sonder lastige opwip-kennisgewings wat jou van bakboord na stuurboord oor die web stuur. Gaan loer heel eerste in die ‘Bargain Box’ vir winskopies wat jy nié kan misloop nie!

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat om met jou hond te maak wanneer jy met vakansie gaan

Jy het gevra: ‘Ek gaan die vakansie vir twee weke weg, maar iemand moet na my hond omsien. Wat is...

Close