×
Skakel na Engels

3 newe-effekte van liefde

Jy sal by hierdie gesondheidsvoordele baat vind nog lank nadat die swymelende gevoel en geheimsinnige gewigsverlies verby is

 

 

1. Gesonder borste Die aandag wat jou man aan joune gee, kan jou op meer as een manier bevoordeel. Dikwels voel die maat van baie vroue eerste ’n knop in hul bors, sê dr. Donnica Moore, die skrywer van Women’s Health for Life (DK Publishing). Sy wys daarop dat vroeë opsporing noodsaaklik is om borskanker te klop. Natuurlik moet jou man nie die enigste een wees nie – jy moet self jou borste ondersoek, en praat met jou dokter oor kliniese borsondersoeke.

 

2. Dikker hare Hy maak dalk soms dat jy joune wil uittrek, maar die hare van vroue in gelukkige verhoudings is 2,3 keer dikker as dié wat ’n maat verloor het of geskei is, toon navorsing aan die Case Western-universiteit in Cleveland in die VSA. Die verskil is waarskynlik weens die ekstra stres, sê navorsers. As jy agterkom jou hare raak dunner, praat met jou dokter oor angstigheid en ander moontlike oorsake, soos vitamientekorte of skildklierprobleme.

 

 

3. Beter slaap Dié een is goud werd: Vroue in ’n sterk huwelik is 50% minder geneig om te sukkel om aan die slaap te raak of deur te slaap, vergeleke met vroue wat nie gelukkig in ’n verhouding is nie, volgens ’n studie aan die Universiteit van Pittsburgh in tdie VSA. Blykbaar is dit die gevoel van veiligheid en sekuriteit wat jy uit ’n – sleutelwoord – gelukkige verhouding kry wat jou rustiger maak. Slaap jy alleen? “ ’n Konsekwente bedtydroetine kan vir alle vroue help,” sê die studieleier, dr. Wendy Troxel.

 

Deur Amy Levin-Epstein

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 winskope vir bruide wat jy nie moet misloop nie

GH se besturende redakteur, Masechaba Mkefa, gaan trou! Sy het by die Hello Pretty-uitverkoping rondgesnuffel vir die beste trou-dekor en...

Close