Vismotte hou van koel plekke, maar kan op enige plek aard – dis baie slegte nuus vir ons! Een van hul gunstelingplekke blyk ons klerekaste te wees, wat ’n probleem is aangesien hul jou klere taamlik kan verniel. Hier is drie maklike, natuurlike maniere om hulle weg te hou:
Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.
1. Lourierblare
Steek ’n paar lourierblare tussen jou woltruie in voordat jy dit vir die somer wegpak. Goggas verpes dit!
2. Kruiesakkies
Maak sakkies vol sederhoutballetjies, laventelbloeisels en gedroogde roosmaryn en hang dit tussen jou klere.
3. Epsomsout
Sprinkel epsomsout op die bodem van ’n boks waarin jy klere vir die seisoen wil bêre.
FOTO: iStock/MrKornFlakes
LEES OOK:
Só raak jy van kakkerlakke ontslae