×
Skakel na Engels

3 maniere om vinnig van armvet ontslae te raak

Verloor die vetjies en kry vietse, ferm arms

Danica Bloomberg, besturende direkteur van Adventure Boot Camp – ’n inisiatief wat vroue ’n alternatiewe benadering tot oefening gee – gee ’n paar nuttige wenke oor hoe om jou arms ferm vir die somer te kry. “Die meeste vroue is geneig om op enkelgewrigoefeninge soos bisepkrulle te fokus, wat hoofsaaklik een spier oefen,” sê Bloomberg. Die truuk is om meer as een spiergroep te gebruik om jou bolyf te laat werk. “Só sal jy meer kilojoules verbrand en vinniger van armvet ontslae raak. Jou arms, skouers en die boonste deel van jou rug sal ook beter lyk vir die somer,” sê sy.

V-oefeninge

Hou ’n handgewig in elke hand en staan met jou voete skouerwydte van mekaar, arms langs jou sye, palms na binne gedraai. Hou jou arms reguit, maar nie gesluit nie en lig die gewigte diagonaal voor jou op sodat jou arms ’n V vorm, totdat jou arms parallel met die vloer is. Hou dit vir een sekonde só en keer terug na die beginposisie. Herhaal 12 tot 15 keer.

Skouerdrukoefeninge

Hou ’n paar handgewigte net bo jou skouers met jou palms na onder gedraai. Staan met jou voete skouerwydte van mekaar met jou knieë effens gebuig. Lig die gewigte totdat jou arms reguit bokant jou kop is. Hou dit vir een sekonde só en laat sak dan die gewigte in drie sekondes terug tot by jou skouers. Herhaal ses tot agt keer.

Vliegtuig-strekoefening

Lê met jou gesig na onder en strek jou arms tot skouerhoogte uit met jou palms na die vloer. Trek jou skouerblaaie saam en lig jou arms, bene en bors van die vloer af. Bly in die posisie en bring jou arms vorentoe, verby jou kop. Hou dit só vir een telling en beweeg jou arms dan terug. Lê weer plat. Dis een repetisie. Herhaal tien tot 15 keer.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kyk dit: Sainsbury’s se nuwe Kersadvertensie

Hierdie video sal jou ongetwyfeld in ’n feestelike stemming kry!

Close