×
Skakel na Engels

3 maniere om oefening by die werk in te pas

Probeer hierdie klein dog doeltreffende maniere om oefening gedurende ’n werkdag in te pas
oefening by die werk

1. Beweeg vir 2 minute

Nie net kan jy “kantoorboude” kry as jy heeldag voor die rekenaar sit nie, maar dit kan ook jare van jou lewe wegneem. Heng! Die goeie nuus is dat daar ’n maklike oplossing is: Staan elke uur op en loop vir twee minute rond.

’n Onlangse ontleding in die Clinical Journal of the American Society of Nephrology dui daarop dat dié klein bietjies oefening aan ’n langer lewensduur gekoppel word.

2. Staan meer

Nog ’n voordeel van minder sit is dat ’n werkstasie wat jou toelaat om te sit én staan jou bui kan verbeter en stres kan verminder. ’n Studie in Texas (wat op kinders uitgevoer is) het getoon dat staanlessenaars die deelnemers se konsentrasievermoë met 12% verbeter het.

Besoek deskstand.co vir nog inligting oor sit-staan-werkstasies in Suid-Afrika.

3. Oefen in jou etensuur

As oefening vroeg in die oggend net so aangenaam soos ’n babalaas klink, pas ’n matige oefensessie in jou etensuur in. Probeer ’n 20-minute-oefenroetine; dit laat genoeg tyd om jou toebroodjie te geniet sonder om dit te verslind.

As daar nie ’n gim naby jou werk is nie, hou tekkies by jou lessenaar en gaan vir ’n vinnige stappie. Laai ons gratis stapplan af en druk dit uit.

FOTO: iStock/andresr

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om te oefen sonder om regtig te oefen!

Pas ’n bietjie oefening regdeur jou besige dag in

Close