×
Skakel na Engels

3 maniere om meer kilojoules te verbrand terwyl jy stap

Net ’n paar klein veranderinge aan die manier waarop jy stap, kan jou beduidend meer kilojoules laat verbrand, jou aërobiese kapasiteit vergroot en jou algehele fiksheid verbeter

kilojoules

As jy wil begin oefen, druk ons stapplan wat jy kan uitdruk. 

1. Verleng jou staptyd

As jy elke dag net vyf minute langer stap, sal jy in ’n week se tyd 30 minute langer stap. Voeg die week daarna nog vyf minute per dag by. Maak ’n punt daarvan om jou daaglikse staptyd geleidelik te verleng of koop ’n pedometer en probeer om elke dag meer treë te gee.

2. Eet nadat jy gestap het

Jou liggaam kry die energie wat dit nodig het van koolhidrate, of van vet as eersgenoemde nie beskikbaar is nie. Volgens nuwe navorsing kan jy meer vet verbrand as jy eet nádat jy oefen en nie vóór die tyd nie. In dié studie het tien oorgewig mans wat bedags meestal sit elkeen vir ’n uur net voor of net ná ontbyt gaan stap.

Navorsers het gemeet hoeveel vet hulle tydens die oefening en vir agt uur ná die tyd verbrand het. Hoewel albei groepe vet verbrand het, het die mans wat vóór ontbyt gestap het 40% meer vet verbrand as dié wat ná die tyd geoefen het.

3. Voeg intervalle by

Voeg ’n paar kort spoedsessies by jou gewone stap. Dis ’n vinnige, maklike manier om meer kilojoules te verbrand en jou aërobiese fiksheid te verbeter, selfs al versnel jy jou pas vir net ’n paar minute op ’n slag. “Daar’s geen regte of verkeerde manier nie – dit hang van jou fiksheid af,” sê Penny Porter, ’n gespe- sialiseerde sportfisioterapeut.

* Haar voorstel vir beginners: Stap vir vyf minute normaal om op te warm en stap dan vir 60 sekondes vinniger. Wissel die vinnige stap met drie tot vyf minute teen ’n rustiger pas af. Herhaal twee tot drie keer tydens jou stapsessie. Sluit met ’n stadiger pas en strekoefeninge af.

* Haar voorstel vir meer ervare stappers: Wissel 60 sekondes van vinnig stap (of selfs draf) met 60 tot 90 sekondes teen ’n herstelpas af.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die slegste en beste somerkos vir gewigsverlies

Wie se idee was dit om braaivleis en Kersetes in dieselfde seisoen as swembroeke te sit?! Lees hier hoe om...

Close