×
Skakel na Engels

3 maniere om jou klerekas vir ’n nuwe seisoen voor te berei

Wanneer die seisoen verander, moet jou klerekas ook …
seisoen

Wanneer jy jou klere na gelang van die seisoen verander, is dit belangrik om jou kasruimte in gedagte te hou. Hierdie plekbesparende wenke sal jou help om die oorgang tussen seisoene makliker te maak.

1. Wees eerlik met jouself

Wanneer jy jou klerekas regpak, sal jy waarskynlik op ’n paar items afkom wat jy hoog en laag sweer jy ééndag weer gaan dra. Dis dalk ’n kortbroek wat nie meer vir jou pas nie of ’n uitspattige top wat jy altyd na feeste toe gedra het.

Die goue reël is as jy ’n kledingstuk ’n hele seisoen lank nie gedra het nie, is dit tyd om dit te laat gaan. As jy nie een keer die afgelope ses maande eens daaraan gedink het om dit aan te trek nie, sit dit op die “koebaai!”-hopie.

Lees ook: Danksy H&M kan jou klere ’n tweede lewe hê

2. Hou die klassieke kopies

Wanneer jy jou seisoenale klere omruil, maak ’n nota (in jou kop of skryf dit op papier) van die klassieke items wat jy besit, soos ’n swart rokkie, ’n winterjas of ’n denimbaadjie. Dit sal jou ’n goeie idee gee van wat jy reeds het – en dalk sien jy ’n geleentheid om ’n nuwe staatmaker by jou klerekas te voeg.

Hou dié lysie in gedagte of neem dit saam wanneer jy na ’n uitverkoping aan die einde van ’n seisoen gaan sodat jy hierdie items teen ’n fraksie van die prys kan koop.

3. Moenie net weggooi nie

Moenie jou ou klere summier weggooi nie. Hou diegene in gedagte wat minder bevoorreg is en skenk jou klere aan ’n liefdadigheidsorganisasie of -winkel. Onthou dat jy nie klere kan skenk wat stukkend of vuil is nie. Dit moet nog goed genoeg lyk sodat iemand anders dit vir ’n hele ruk kan dra.

FOTO: iStock/GeorgeRudy

LEES OOK:

9 foute met klere wat jou ouer sal laat lyk

6 redes om jou ou skoenbokse te hou

Danksy H&M kan jou klere ’n tweede lewe hê 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
FOTO’S: Die stewels wat Kate Middleton al 13 jaar lank dra

En sy het dit die afgelope week weer gedra!

Close