×
Skakel na Engels

3 maniere om jou gesin se gesondheid hierdie maand te verbeter

3 wenke vir beter gesondheid
gesondheid

1. Kry die kinders in die tuin

Wetenskaplikes het bevind dat studente wat tuinwerk doen – of dit as kind gedoen het – meer vrugte en groente eet. Deur ’n groente- of vrugtetuin by die huis aan te lê leer jy jou kinders van die belangrikheid van vars produkte. Dit is wonderlik vir die hele gesin, want almal raak meer bewus van dit wat in hul mond ingaan.

Dit is ook ’n uitstekende manier om geld te spaar, want die kositems wat in jou tuin groei, word van die maandelikse inkopielys geskrap. Wat meer is, dit is ’n wonderlike verskoning om tyd met jou kinders te bestee en aan jul verhouding te bou terwyl julle saam iets skeppends doen. Dit leer hulle ook meer van verantwoordelikheid – en maak dat hulle minder tyd voor die televisie of speletjietoestelle deurbring.

As jy meer as een kind het, kan jy die groente- of vrugtetuin in seksies verdeel sodat ek gesinslid vir een gedeelte verantwoordelik is. Sodoende kan jy kweek wat jy wil hê en maak dit dat almal betrokke raak. 

2. Vervang daagliks een suikerdrankie deur ’n glas water

Volgens Amerikaanse navorsers sal dit jou gewig sowel as algemene gesondheid bevoordeel. Dis moeilik om suikerdrankies (bv. koeldranke en energiedrankies) heeltemal vermy, maar die beste manier om dit te doen – en om seker te maak dat jy daarby hou – is om ’n week lank na jou inname te kyk en dit te verminder.

As jy byvoorbeeld gemiddeld 14 suikerdrankies per week (twee ’n dag) drink, probeer om die tweede deur ’n glas water te vervang. Wanneer daardie gewoonte eers gevestig is, kan jy jouself verder uitdaag en net elke paar dae ’n suikerdrankie drink (en elke suikerdrankie wat jy sou drink, met ’n glas water vervang).

3. ’n Appel ’n dag

’n Oorsig van verskeie studies het bevind dat die gereelde eet van appels die risiko van vyf verskillende soorte kanker drasties verminder. Volgens Jeanelle Boyer en Rui Hai Liu, navorsers aan die Cornell-universiteit in die VSA, het “verskeie studies bevind dat daar ’n verband tussen spesifiek die eet van appels en ’n verminderde risiko vir kanker is. Appels is ryk aan die plantchemikalieë wat daarvoor verantwoordelik is.”

Groente wat karotenoïede bevat, soos wortels, Brusselse spruite en skorsies kan die risiko vir long-, mond-, farinks- en larinkskankers verklein.

FOTO: iStock/ArtMarie

LEES OOK:

10 van die beste tuinplante wat min water vra

5 voordele van ’n suikervrye dieet

8 gesondheidsfeite wat jy moet jou dokter moet deel

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Selfdoen-dekorprojekte vir Kersfees saam met jou kinders

Maak Kersvoorbereidings ’n geleentheid vir die hele gesin met hierdie cool idees

Close