×
Skakel na Engels

3 maniere om die oggendchaos te bemeester

Probeer dié drie wenke om te verseker dat skoologgende kalm eerder as chaoties is

oggendchaos

1. Berei voor

Kry jou kinders in die gewoonte om hul klere vir die volgende dag al die vorige aand reg te sit, en kry hul kosblikke sommer ook dan reg, sê Marcella Moran, ’n kenner van organisering. Dit is die beste manier om die hele gesin soggens kalm te hou, volgens Moran.

 

2. Bad, trek aan, eet

Stel ’n oggendskedule vir jou kinders op: Kry klaar in die badkamer, trek aan en eet dan ontbyt, stel die kindersielkundige dr. Laurie Zelinger voor. “Dit gee kinders ’n soort struktuur en leer hulle organiseringsvermoëns.”

 

3. Maak seker jy het tyd om stil te sit

“Staan 20 minute voor jou kinders op sodat jy kalm en gereed is – en klaar gestort het – wanneer hulle wakker word,” sê Ann Pleshette Murphy, skrywer van The 7 Stages of Motherhood. “Dit bou vir jou tyd in om saam ontbyt te eet of na musiek te luister terwyl hulle aantrek. Die res van jou oggend sal dan gladder verloop en jy sal gelukkiger voel.”

 

– Nicole Yorio

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die wyse manier om geld uit te leen

As jy dit oorweeg om geld aan ’n vriend of familielid te leen, volg hierdie goeie raad:

Close