×
Skakel na Engels

3 maniere om dié Ramadan gehidreer te bly

Behalwe om glase en glase water te drink, het ons drie ander maklike maniere waarop jy jou waterkwota kan inkry
gehidreer

Gedurende die Moslems se heilige maand, Ramadan (wanneer gelowiges van sonop tot sononder vas), raak vastendes dikwels gereeld gedehidreer en kan dit hulle laat traag en gedaan laat voel.

1. Eet vrugte en groente met ’n hoë waterinhoud

Geniet vrugte soos spanspek, waatlemoen, pomelo’s, pynappels, perskes, aarbeie, frambose en bloubessies. Groente sluit seldery, komkommer, ysbergslaai, tamaties en murgpampoentjies, broccoli, groen kool, blomkool, eiervrug en spinasie in.

2. Neem minder kafeïen en sout in

Kafeïen (in koffie en tee) en souterige kosse dehidreer jou liggaam. Drink eerder water of vars vrugtesappe.

3. Eet sop vir Iftar

Heilsame, heerlike sop sal jou nie net warm maak nie, maar help ook met rehidrasie en is goed vir spysvertering.

LEES OOK:

4 energieversterkende soppe vir Ramadan

6 Maniere on Ramadan makliker (en pret) vir kinders te maak

5 Gesondheidsvoordele as jy tydens Ramadan dadels eet

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 energieversterkende soppe vir Ramadan

Hier is vier sopresepte wat ideaal vir Iftar is

Close