×
Skakel na Engels

3 kopdoekstyle vir enige seisoen

Vat hierdie fleurige neiging kop toe!
kopdoek

Kopdoeke is vinnig besig om die plek van jou gunsteling-hoede in jou klerekas oor te neem. Kies een van hierdie drie style hier onder, volg die stappe en geniet hierdie voorkoms.

1. Die flambojante strik

 

  1. Maak ‘n bolla bo-op jou kop. Vou jou serp om jou agterkop met die materiaal teen jou nekholte en die twee punte na jou voorkop.
  2. Maak ‘n knoop in die middel of aan die kant (nes jy wil) om die basis van jou strik te maak.
  3. Maak nou ‘n oorgroot strik.
  4. Steek die los punte in die lusse van die strik. 

 

2. Die haarband

  1. Kam jou hare boontoe of maak ‘n bolla. Vou ‘n kleinerige serp in die helfte en vou dit dan om jou agterkop.
  2. Maak ‘n dubbelknoop met die los punte in die middel van jou voorkop.
  3. Stoot die voorkant van die serp ‘n paar sentimeter terug totdat dit die voorkoms en gevoel van ‘n haarband het.

3. Die gesofistikeerde dubbelknoop

 

  1. Stileer jou hare in ‘n teruggestrykte styl.  Vou ‘n gevoude serp om jou agterkop sodat jou ore bedek is. 
  2. Maak ‘n knoop in die middel van jou voorkop om die serp op sy plek te hou. Maak dan ‘n los knoop om die bostaande effek te verkry.
  3. Steek die punte van die materiaal agter in die kopdoek om dit weg te steek. 
  4. Verstel die serp sodat dit gemaklik om jou ore pas en maak seker dat daar nie los hare uitsteek nie. 

FOTO: iStock/michaeljung 

Lees ook: 

Die vyf basiese gesigsvorms en die haarstyle wat daarby pas

8 tuisgemaakte haarbehandelings vir elke haartipe

8 wenke vir pragtige etniese hare

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief