×
Skakel na Engels

3 idees met geroosterde, gesoute grondboontjies

Krakerige, heerlike grondboontjies bevat vette wat goed vir jou hart is en is ’n veelsydige bestanddeel vir ’n verskeidenheid resepte

1. Souserige Succotash

  • Neem ’n braaipan van 30 cm en braai 3 repies gekapte spek vir 6 minute op medium of totdat dit verbruin. Roer.
  • Voeg 4 gekapte sprietuie by, braai vir 2 minute, roer.
  • Roer 3 geskilde en gekapte patats by, asook 2 koppies grondboontjies; 1 blik (400 g) gekapte tamatie-en-rissie-mengsel, 1 koppie water, ½ t sout, ¼ t peper en ½ t bruinsuiker.
  • Verhit tot kookpunt, bedek, verlaag die hitte en prut vir 15 minute of tot die patats gaar is, roer af en toe.
  • Genoeg vir 6

 

 

2.  Brosgebraaide garnale

  • Plaas ’n oondrak 15 cm onder die oondrooster. Voorverhit die oond.
  • Meng 1 koppie grondboontjies, baie fyn gekap, ¼ koppie panko (vlokkerige broodkrummels wat in Japannese kookkuns gebruik word), fyngedrukte mielievlokkies (cornflakes) of vars broodkrummels en ¼ t peper saam in ’n bord.
  • Klits een groot eierwit in ’n mengbak.
  • Doop 450 g uitgedopte, skoongemaakte garnale (een op ’n slag) wat oopgevlinder is, in die eierwit, bedek dan een kant met die grondboontjiemengsel. Plaas dit op ’n rolkoekpan van 45 cm x 30 cm wat met foelie uitgevoer is, met die grondboontjiemengsel na bo. Rooster vir 2 tot 3 minute tot goudbruin.
  • Sit voor met ’n braaisous om in te doop.
  • Genoeg vir 4

 

 

3. Sjojkolade-en-karamel-grondboontjies

  • Voorverhit die oond tot 170 °C.
  • Meng 3 e mielie- of gouestroop, 2 e suiker en ¼ t sout saam in ’n groot mengbak. Roer 2 koppies grondboontjies by en bedek egalig.
  • Smeer ’n enkellaag op
’n rolkoekpan wat met waspapier uitgevoer is. Bak vir
15 minute of tot verbruin
en gekaramelliseer. Laat
heeltemal afkoel.
  • Breek in
growwe hompe. Roer 340 g
gesmelte donkersjokolade
deur tot goed bedek.
  • Skep
egalig op ’n bakplaat uit
wat met waspapier
uitgevoer is. Verkoel
in die yskas tot dit
set.
  • Genoeg vir 8.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 superkosse wat jy behoort te eet

Maak seker hierdie items is op jou inkopie lysie ...

Close