1. Bobaasborsel
Hierdie wasbare en stortvriendelike gesigborsel sal jou skoonheidsroetine makliker as ooit tevore maak. Die borsel het drie spoedverstellings. Kies eenvoudig die gepaste een om jou vel af te skilfer of te reinig. Die eenminuuttydhouer stop elke 20 sekondes om te verseker dat jou vel oral ewe veel aandag kry.
2. Veelsydige grimeerpen
Danksy die draai-enkliekfunksie van dié slim grimeerpen het jy vier skakerings byderhand: ’n lipkleur (natuurlike beige) en drie oogomlyners (indigo, bruin en swart). Kliek af vir die skakering van jou keuse en draai vir die kleur. Skielik is jou grimeersakkie nie meer so vol nie!

Clarins All-In-One Pen (R595)
3. Die perfekte oogomlyner
Hierdie fantastiese hulpmiddel sal jou skoonheidsroetine vir altyd verander. Vir ’n tre. ende katoogvoorkoms, gebruik dié oogomlynerstensil. Dit het drie kante waarmee jy verskillende style kan skep. Jy kan dus ’n voorkoms kies wat by elke geleentheid pas.
FOTO: iStock/SIphotography
LEES OOK:
Hoe en waar om aksentgrimering aan te wend