×
Skakel na Engels

3 gesonde gewoontes wat jy maar mag verbreek

Jy probeer by jou dokter of dieetkundige se voorskrifte hou, maar dis makliker gesê as gedaan. Deur dié kortpaaie te volg sal jy meer as oukei wees

 

 

1. Drink net wanneer jy dors is pleks van agt glase H2O per dag

 

Hoekom dit oukei is: Eksperts is nie seker wie dié reël opgestel het nie aangesien die hoeveelheid water wat jou liggaam nodig het van faktore soos jou aktiwiteitsvlakke en dieet afhang. Boonop is baie vrugte en groente propvol water en jy kan dit dus ook by jou daaglikse vloeistofkwota tel.

 

 

2. Gebruik ’n bevogtiger met ’n SBF pleks van sonskerm met ’n SBF 30 of hoër aan te wend

 

Hoekom dit oukei is: SBF 30 bly die beter opsie, maar ’n daaglikse bevogtiger met SBF keer steeds sowat 93% van kankerveroorsakende UVB-strale af, sê dr. Amy Forman Taub, ’n dermatoloog. Dié kortpad behoort oukei te wees vir ’n werkdag wanneer jy die meeste van die tyd binne deurbring.

 

 

3. Drink ’n laevet-latte op pad werk toe pleks van ontyt te eet

 

Hoekom dit oukei is: Natuurlik is ontbyt ’n belangrike maaltyd, maar as jy reeds op kantoor is en hoenders tande sal kry voordat jy tyd kry om iets te eet, is ’n latte eintlik nie so ’n slegte opsie nie. Die laevet- of afgeroomde melk verskaf proteïene én koolhidrate. (En as jy ’n Banting-aanhanger is, kan jy gerus vir volvetmelk vra.) Probeer net om vroeg middagete te eet, sê die dieetkundige Melissa Joy Dubbin.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 maniere om meer kilojoules te verbrand terwyl jy stap

Net ’n paar klein veranderinge aan die manier waarop jy stap, kan jou beduidend meer kilojoules laat verbrand, jou aërobiese...

Close