×
Skakel na Engels

3 domste dinge wat ons met slimfone doen

Van postuur tot produktiwiteit, hierdie foongewoontes kan ’n slegte invloed op jou gesondheid hê!

Screen Shot 2016-07-07 at 10.35.57 AM

Met slimfone wat by die dag slimmer raak, is dit tyd dat ons as gebruikers ook slimmer begin dink – oor ons gesondheid. Probeer om dié algemene foute te vermy:

1. JY SLOF EN STAAR


Wanneer jy afkyk, kan jy die ligamente in jou nek en rug ooreis, toon ’n rekenaarmodelontleding. Jou kop weeg 4,5 kg tot 5,5 kg, maar wanneer jy afkyk, kan jy druk op jou nek met vyf keer of selfs meer vermeerder (sien foto bo), wat ’n slegte postuur en pyn kan veroorsaak. Sit mooi regop met dié wenke van die skrywer en ortopediese chirurg dr. Kenneth Hansraj:

Hou dit stil Hou die toestel op borshoogte, met jou kop regop, bors oop en skouerblaaie terug. Beweeg slegs jou oë afwaarts.

Neem ’n blaaskans Jou nek is nie veronderstel om vir ’n lang tydperk in dieselfde posisie te bly nie. As jy op ’n tablet of foon lees, stop kort-kort om jou kop op en af en dan heen en weer te beweeg.

Lees: Hoe om ’n nat selfoon te red

2. JY SPEEL DAARMEE

Mense wat alewig met hul selfoon doenig is, kan die vermoë verleer om hulself daarsonder te vermaak, is in ’n studie aan die Kent State-universiteit in die VSA bevind. Mense wat hul selfoon minder as drie uur per dag gebruik, kan makliker op ontspannende lae-tegnologie-aktiwiteite soos lees en oefening konsentreer.

3. JY NEEM DIT WERK TOE

’n Selfoon op jou lessenaar kan jou aandag aftrek, selfs al is dit af. Navorsers aan die Universiteit van Southern Maine in die VSA het bevind studente wat hul foon kon sien, het swakker in gefokusde take gevaar as dié wie s’n versteek was. Sit dit weg as jy werk!

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 verrassende redes hoekom jy donker kringe onder jou oë het

Dit gaan oor baie meer as net te min slaap

Close