×
Skakel na Engels

3 dinge wat jy nooit in jou badkamer moet bêre nie

Maak seker dat jy nie hierdie foute maak nie

Medisyne

Dit mag nou wel ’n medisynekassie genoem word, maar jou badkamer is die slegste plek om jou medisyne te bêre. Dit moet weggehou word van plekke waar die temperatuur wissel en waar dit aan vog blootgestel kan word. Bêre jou voorskrifmedisyne by kamertemperatuur en lees die etiket vir verdere instruksies.

Handdoeke

Jou badkamerkas is donker en vogtig, wat dit die ideale plek maak vir muf om te groei en floreer. Aangesien dit bykans onmoontlik is om te keer dat muf en skimmel in jou badkamer groei, is dit beter om nie jou handdoeke (wat maklik kan muf) daar te bêre nie.

Grimering

Die meeste vroue is geneig om hul grimering in die badkamer aan te wend; dit het daarom sin om dit gerieflikheidshalwe daar te hou. Bakterieë en swamme wat in jou skoonheidsmiddels kan groei, floreer egter in vogtige omgewings. Om aan klam lug blootgestel te word kan die leeftyd en doeltreffendheid van produkte negatief beïnvloed. Dit word aanbeveel dat jy jou kosmetiese produkte liefs op ’n koel, droë plek bêre.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Slaap jou slank

Waarom slaap die sleutel tot gewigsverlies inhou

Close