×
Skakel na Engels

3 dinge wat jy dalk nie oor ouerskap geweet het nie

Die meeste ouerskapreëls is voor-die-hand-liggend, soos om jou kinders te prys. Maar party riglyne kan meer skade as goed doen. Ons bespreek drie van die verrassendste ontdekkings

1. Dis beter vir sibbe om saam te kibbel as om apart vreedsaam te wees.

Moenie altyd skeidsregter speel of jou kinders weg van mekaar hou nie; dis slimmer om aktiwiteite uit te wys wat sibbe saam kan geniet. Studies wys kinders wat saam speel, selfs al noem hulle mekaar lelike name terwyl hulle dit doen, het uiteindelik nader verhoudings as sibbe wat eenvoudig op hul eie speel.

2. As jy heeltyd vir kinders sê hoe slim hulle is, kan dit hulle dommer maak.

Dis natuurlik vir ons om ons kinders se selfbeeld te wil versterk, maar om hul ego aanhoudend te streel deur vir hulle te sê hoe slim hulle is, kan die teenoorgestelde uitwerking hê.

Wat ons eintlik vir hulle sê, is dat mens óf slim is óf nie. Wanneer hulle iets moeiliks teëkom, sal hul afleiding wees: “Lyk my nie ek kan dit doen nie.” Prys hulle eerder vir hul poging (“Mooi so, jy het daardie moeilike woord reg uitgespreek!”) sodat jy hulle kan leer hulle het die vermoë om hul prestasie te beheer deur harder te werk.

3. Jou kind gaan jok … en dis oukei.

Dit beteken jou kind is kognitief gevorderd genoeg om die waarheid én ’n alternatiewe idee in gedagte te hou – iets wat baie aandagbeheer verg.

Teen sewejarige ouderdom behoort kinders egter die leuengewoonte te laat vaar. Die beste manier om te help? Pleks van hulle te straf – wat gewoonlik maak dat hulle beter daarmee raak om nie gevang te word nie – laat weet jou kinders jy sal regtig gelukkig wees as hulle die waarheid erken. Kinders wil graag hul ouers gelukkig maak.

Deur Marisa Cohen

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Om iets ‘soos ’n meisie’ te doen is reg

Always het die #LikeAGirl-veldtog van stapel gestuur om die negatiewe konnotasie wat aan dié uitdrukking gekoppel word hok te slaan.

Close