×
Skakel na Engels

3 aansteeklike dieresiektes

Dié drie nare troeteldiersiektes kan tussen jou katte en honde oorgedra word

 

 

1. ’N GEWONE VERKOUE Net soos mense kan jou troeteldiere ook verkoue kry. Bordetella bronchiseptica of hokhoes (“kennel cough”) veroorsaak dat honde griepagtige simptome kry, en katte kan dit by honde opdoen. Die simptome sluit koors, slaperigheid, afskeidings uit die neus en oë, hoes en nies in. Dis dieselfde simptome as dié van respiratoriese infeksies by katte. Stel dus jou veearts in kennis as jy vermoed jou kat het dit dalk by jou hond gekry.

2. INGEWANDSPARASIETE EN RINGWURM Wurms is ’n algemene probleem in katte en honde. As jou troeteldiere toegang tot mekaar se uitlatingsruimtes het, is die kans goed dat hulle haak-, ronde-, lint- of sambokwurms kan opdoen van die eiers wat in ontlasting voorkom. Ringwurm, wat aan sy ronde vorm uitgeken word, word deur direkte kontak oorgedra.

3. ’N BYTPLEK, oop wond of selfs net die spoeg van ’n hondsdol dier is genoeg om enige soogdiere aan te steek – mense inkluis (dan staan dit as hidrofobie bekend). Maak seker jou honde en katte word op drie maande ingeënt, dan weer op nege maande en daarna elke drie jaar.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hondepark-penarie

Parke is die ideale plek vir honde om sosiaal te verkeer, maar wat as jy een van dié algemene probleme...

Close