×
Skakel na Engels

Jou sterre Maart 2017

Tracy Shaw kyk na wat jou sterre voorspellings vir dié maand inhou
Jou sterre Maart 2017

Vis (20 FEB. – 20 MRT.)

Dis tyd om jou loopbaan te evalueer en realistiese doelwitte te stel. Die beste manier om ’n moeilike situasie met ’n vriend te hanteer is deur nie te tegemoetkomend te wees nie.

SELFSORG: ’n Tekort aan motivering herinner jou daaraan dat jy meer dinge moet doen wat vir jou vreugde verskaf.

PERSOONLIKHEID: As sensitiewe Vis-vrou is jy ’n dromer. Jy hou nie van die harde werklikheid nie en verkies ’n verbeeldingswêreld. Kuns, musiek, digkuns en dans trek jou aan. Jy is ’n liefdevolle ouer en maat en vrygewig in al jou verhoudings.

STERK PUNTE: Omdat jy van nature empaties is, identifi seer jy jou met mense se ervarings en veroordeel hulle nie.

SWAKHEID: Jy speel gewoonlik die rol van die redder en benadeel jouself. Jy moet leer om perke te stel.

INSPIRASIE VIR DIE JAAR: As jy die verlede agterlaat, sal dit jou die krag vir ’n geloofsprong gee.

EDELSTENE: Koraal en ametis.

Ram (21 MRT. – 20 APR.)

Begin die maand op ’n hoë noot deur vooruit te beplan. Plaas roetine-onderhoud op die agenda eerder as om iets nuuts te begin en handhaaf vanaf die 10de ’n stadiger pas.

SELFSORG: Neem jou behoefte aan meer plesier en speel ernstig op.

Bul (21 APR. – 21 MEI)

Dis tyd om te evalueer wat lewensgehalte vir jou beteken en om die balans te herstel deur veranderinge aan te bring. Luister na jou binnestem en waag die risiko om radikaler as normaalweg te wees pleks van op jou hoede te wees.

SELFSORG: Gee jou kreatiewe kant hierdie maand meer aandag.

Tweeling (22 MEI – 21 JUN.)

Swem saam met die stroom tot die 13de, wanneer jy die groen lig vir aksie kry. Omdat jy meer selfgeldend as normaalweg sal wees, kan jy ’n paar kwaai gesprekke met vriende verwag.

SELFSORG: Kalmeer ooraktiewe gedagtes met tuinwerk, bak of kuns en kunsvlyt.

Kreef (22 JUN. – 23 JUL.)

Jy smag na eksterne goedkeuring van ’n ouerfi guur, maar dit keer jou om getrou aan jouself te wees. Staan terug en revalueer die situasie sodat jy die patroon kan begin verander.

SELFSORG: Moenie in jou dop kruip nie. Reik uit na ondersteunende vriende.

Leeu (24 JUL. – 23 AUG.)

Jou wankelrige selfvertroue veroorsaak ’n terugslag. Dinge is egter nie so erg soos dit lyk nie; moet dus nie die ergste verwag nie. Hersien jou prioriteite. Vanaf die 20ste sal daar ’n uitweg vir die pad vorentoe opduik.

SELFSORG: Fokus op selfaanvaarding en liefdevolle goedhartigheid.

Lees: Dis maklik om ’n gesonde middagete vir jou kinders in te pak

Maagd (24 AUG. – 23 SEPT.)

Wees die mense na aan jou toegeneë en vergewe hulle hul foute. Werk vanaf die middel van die maand saam met jou maat aan die spanning tussen julle wat weens gedeelde verantwoordelikhede ontstaan het pleks van dit te ignoreer.

SELFSORG: Vat dinge rustiger totdat jou lewenslus terugkeer.

Weegskaal (24 SEPT. – 23 OKT.)

Haakplekke in persoonlike verhoudings beklemtoon wanbalanse wat onlangs ontstaan het. Kyk eerder krities na die maniere waarop jy jouself gewoonlik te na kom as om ander te blameer.

SELFSORG: Gee jouself die geskenk van ek-tyd om te doen wat jy wil.

Skerpioen (24 OKT. – 22 NOV.)

As jy konfl ik met kollegas kreatief hanteer, sal daar ’n deurbraak wees. Jou persoonlike lewe gaan deur ’n stabiele fase waartydens jy stille plesiertjies saam met jou maat kan deel.

SELFSORG: Vat dit rustig en maak ’n punt daarvan om die goeie dinge raak te sien.

Boogskutter (23 NOV. – 22 DES.)

Sorteer hierdie maand jou probleme uit pleks van dit te ignoreer. Moenie enige nuwe projekte oorhaastig aanpak sonder om eers jou huiswerk deeglik te doen nie. As ouer moet jy liefdevol, maar nie te vrygewig wees nie.

SELFSORG: Moenie te veel aanpak nie – laat ruimte vir eenvoudige plesiertjies.

Steenbok (23 DES. – 20 JAN.)

Ander is geneig om ooroptimisties te wees. Vertrou dus jou instink wanneer jy sakebesluite neem. Liewer bang Jan as dooie Jan! Wees voorbereid op vurige gesinsdebatte waartydens almal ’n mening wil lug.

SELFSORG: Verlig stres met ’n strelende massering.

Waterdraer (21 JAN. – 19 FEB.)

Fokus op aktiwiteite wat jou huis en gesin insluit. Dit is ’n goeie tyd vir selfdoenprojekte, maar niks te veeleisend nie. Maak ook ’n punt daarvan om geliefdes te laat weet dat jy hulle waardeer.

SELFSORG: Doen ligte oefening soos stap of joga.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kopkrapper-oplossings Maart 2017

Hier volg die antwoorde van die kopkrappers wat in ons Maart-uitgawe verskyn het

Close