×
Skakel na Engels

16 inspirerende sêgoed deur Coco Chanel

Hierdie ikoniese mode-ontwerper het ’n onuitwisbare merk in die modewêreld gemaak. Hier is haar gewildste sêgoed

Coco Chanel (née Gabrielle Bonheur Chanel) is op 19 Augustus 1883 in Saumur, Frankryk gebore en was die toonbeeld van ’n vrou wat haarself herskep het. Ten spyte van haar nederige bestaan het sy vinnig naam gemaak op die gebied van Paryse mode en sy het een van die invloedrykste ontwerpers van die 20ste eeu geword.

Haar bekendste skeppings (die Chanel-snyerspakkie, die klein swart rokkie en die kwilthandsak) is vandag nog gesogte mode-artikels. Haar parfuum Chanel No. 5 is die wêreld se topverkoper in die moderne geskiedenis.

Het ons 16 van haar briljantste sêgoed oor alles van die lewe, styl, liefde en veroudering opgeraap. Maak gereed om geïnspireer te word.

1. Oor jouself wees

“ ’n Meisie moet twee dinge wees: wie sy is en wat sy wil hê.”

2. Oor mode

“Mode is nie net iets wat in rokke bestaan nie. Mode is in die lug, op straat. Mode gaan oor idees, ons manier van leef en wat besig is om te gebeur.”

3. Oor uniekheid

“Iemand moet anders wees om onvervangbaar te kan wees.”

4. Oor veroudering

“Jy kan beeldskoon op 30, bekorend op 40 en onweerstaanbaar vir die res van jou lewe wees.”

5. Oor wie jy is

“Jou sorge raak baie minder sodra jy besluit om iemand te wees en nie iets nie.”

6. Oor ware rykdom

“Daar is mense wat geld het en daar is mense wat ryk is.”

7. Oor haar selfbeeld

“Ek doen nie mode nie, ek is mode.”

8. Oor beheer neem

“My lewe het my nie tevrede gestel nie, daarom het ek my eie lewe geskep.”

9. On verfyning

“Eenvoud is die sleutel van ware elegansie.”

10. Oor humor

“Jy lewe net een keer; jy kan netsowel vermaaklik wees.”

11. Oor hoe om onthou te word

“Trek slordig aan en mense onthou die rok; trek onberispelik aan en mense onthou die vrou.”

12. Oor moed

“Die dapperste daad is om vir jouself te dink. Hardop.”

13. Oor geur

“Waar moet parfuum aangewend word? Waar ook al jy gesoen wil word.”

14. Oor uithouvermoë

“Moenie teen ’n muur slaan in die hoop dat dit in ’n deur gaan verander nie.”

15. Oor luuksheid

“Party mense dink luuksheid is die teenoorgestelde van armoede. Dit is nie. Dit is die teenoorgestelde van platvloersheid.”

16. Oor styl

“Mode verander, maar styl duur voort.”

Hierdie artikel het oorspronklik in Good Housekeeping USA verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die vuilste ding in jou huis is in jou badkamer

En jy gebruik dit elke dag!

Close