×
Skakel na Engels

16 dinge wat jy sal weet as jy dieselfde beste vriendin sedert skool het

Julle paaie sal nooit skei nie …
beste vriendin

Ons het al almal die frase “beste vriende vir altyd” gehoor, maar as jy dieselfde beste vriendin sedert jou kinderjare het, kan dit regtig so voel. Hier is 16 goed wat jy sal weet as jy dieselfde vriendin sedert skool het …

1. Jy is heeltemal jouself wanneer jy by haar is.

Want wanneer julle mekaar al ken sedert die vreemde haarstyle in die laer skool en deur die vreeslike wenkbroufase van die tienerjare, is daar absoluut geen punt om iets te probeer wees wat jy nie is nie.

2. Jy is dol daaroor om herinneringe oor die verlede op te haal.

Wanneer een van julle ’n sin begin met “onthou jy toe …”, skakel al jul nuwer vriende af, soos in: “Ag, daar gaan ons al weer.”

3. Jy het hope ammunisie teen haar jonger sibbe.

Selfs al is daardie sibbe nou volwassenes, herinner jy hulle graag aan die talle ure wat hulle julle rondom die huis gejaag het met net hul kleinbroekies aan.

4. Haar familie voel vir jou ’n bietjie soos familie.

Want jy het soveel van jou kinderjare by haar huis deurgebring. En so ook jou ma, wat altyd oor jou beste vriendin uitgevra het.

5. Jy onthou haar “eksperimentele” fase, en sy onthou joune.

Julle het mekaar daagliks gesien met ’n paar taamlik betwyfelbare modeneigings, leefstylkeuses en kêrels, maar julle was altyd saam, ongeag hoe belaglik die ander een gelyk het.

Lees: Kyk hier: Dié twee vroue is al 94 jaar lank beste vriende

6. Sy het ’n paar foto’s van jou waaroor jy regtig verleë voel.

Waarskynlik van die bogenoemde eksperimentele fase.

7. Jy weet goed van haar wat geen van jul ander vriende weet nie.

Van die feit dat Chomps haar gunstelinglekkergoed is tot die naam van haar goudvis wat sy gehad het toe sy klein was.

8. As sy iemand haat, haat jy hulle ook.

Sonder om haar te bevraagteken of te laat probeer rede insien. Dis hoe vriendskap werk.

9. Jy vertel haar al jou geheime.

En geheime wat ander mense jou vertel, want sy tel natuurlik nie as “ander mense” nie.

10. Julle hoef nie veel te doen om saam ’n goeie tyd te hê nie.

Miskien omdat julle jul hele kinderlewe gehad het toe julle jul eie pret by mekaar se huise moes skep, en nou kan julle bloot die tyd met ’n koppie tee verwyl.

11. Jy is régtig verheug wanneer iets goeds met haar gebeur.

Nie op ’n effens jaloerse manier nie, maar op ’n “o, my goeiste, dis die beste nuus OOIT”-manier.

12. Net so breek dit jou hart wanneer sy ontsteld is.

Om jou beste vriendin deur ’n moeilike tyd te sien gaan, of dit is wanneer iemand dood is of sy verhoudingsprobleme het, maak jou tranerig.

13. Jy weet presies wat sy gaan bestel wanneer julle gaan uiteet.

“Jy gaan al weer die spaghetti bolognese eet, nè?”

14. Jy “like” ALLES wat sy op sosiale media doen.

En omgekeerd, want julle ondersteun mekaar altyd.

15. Jy voel ’n bietjie vreemd wanneer jy vir ’n ruk nie met haar gepraat het nie.

Asof daar ’n gat in die vorm van ’n beste vriendin in jou lewe is en jy dit so gou moontlik moet vul.

16. Maar julle gaan altyd weer voort presies waar julle dinge die laaste keer gelos het.

Selfs al het jy haar in jare nie gesien nie, is dit nooit vreemd of ongemaklik nie, want julle VERSTAAN mekaar net so goed.

via: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/JohnnyGreig

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
My dagboek: Dorah Sitole

Dorah Sitole, ’n kosskrywer en -stilis, voormalige tydskrifredakteur, kookboekskrywer, ma van drie en ouma van een, praat oor die liefde,...

Close