×
Skakel na Engels

15 verrassende huishoudelike gebruike vir Coke

Wie het geweet een van die wêreld se gewildste drankies kan so ’n praktiese huishoudelike hulpmiddel wees?!
coke

Hier is 15 praktiese maniere waarop jy Coke in en om die huis kan gebruik:

1. Verwyder olievlekke van klere en materiale: Giet ’n blikkie Coke in jou bondel wasgoed saam met die gewone wasmiddel en laat dit op die normale siklus was.

2. Verwyder roes met ’n spons of tinfoelie wat in Coke gedoop is. Dit maak ook geroeste boute los.

3. Verwyder bloedvlekke van klere en materiale. (Dieselfde metode as met olievlekke.)

4. Verwyder merkpenvlekke van ’n mat: Wend die Coke aan, skrop en was dan met seperige water.

5. Maak olievlekke op ’n motorhuisvloer skoon: Laat die vlekke week en spuit dit dan met ’n tuinslang skoon.

6. Maak aangebrande panne skoon: Giet Coke in die pan of laat die pan in Coke week en spoel dan af.

7. Ontkalk ’n ketel. (Dieselfde metode as met aangebrande panne.)

8. Maak motorbatterypole skoon deur ’n bietjie Coke oor elkeen te giet, dit met ’n ou tandeborsel te skrop en met water af te spoel.

9. Maak jou motorenjin skoon. Doop ’n ou handdoek in Coke en plaas dit vir ’n rukkie oor die enjinonderdele. Verwyder die handdoek en vee die onderdele skoon met ’n skoon lap wat in water gedoop is.

10. Maak voegbry tussen teëls skoon: Giet Coke op die kombuis- of badkamervloer, los dit vir ’n paar minute en vee dan op.

11. Verwyder vlekke van glasporselein deur dit vir ’n rukkie in Coke te laat week. Die vlekke behoort nou maklik af te kom.

12. Het jy ’n vuil swembad? Voeg twee 2-literbottels Coke by om roes en vuiligheid te verwyder.

13. Maak jou toilet skoon: Giet Coke rondom die binnekant van die bak, los dit vir ’n rukkie en spoel dan skoon.

14. Poleer chroom: Giet Coke op die chroomoppervlak/-voorwerp, frommel tinfoelie op en gebruik dit om te skrop. Spoel met warm water af en vee droog.

15. Verwyder kougom wat in hare vassit. Doop daardie deel van die hare in ’n glas Coke en los dit vir ’n paar minute. Dit sal nou baie makliker wees om die kougom af te haal.

Bron: PreventDisease.com  

LEES OOK:

11 slim gebruike vir Engelse sout

8 nuttige gebruike vir koffiefilters

10 verrassende gebruike vir grondboontjiebotter

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 maniere om te sosialiseer sonder om jou dieet te saboteer

Ja, jy kan partytjies bywoon en uiteet sonder om jou gewigsverliesdoelwitte in die wiele te ry

Close