×

15 veiligheidswenke vir wanneer jy vrou-alleen op die pad is

Hou altyd rekening met die gevare en moontlike noodgevalle … Deur Caira-Lee Durand
vrou-alleen

As sterk, onafhanklike vroue moet ons ekstra versigtig wees wanneer ons dit vrou-alleen op die paaie waag, veral saans. Ongelukkig is dit nie moontlik om elke noodsituasie te voorspel nie, maar daar is ’n paar veiligheidsmaatreëls wat jy kan tref om jou veiligheid te verseker. “Bestuurders moet altyd rekening hou met bedreigings en moontlike noodgevalle – en voorsorg tref,” volgens die veldtog Kom Veilig Aan.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Die volgende veiligheidswenke van Kom Veilig Aan kan jou help om jou bestemming heelhuids te bereik wanneer jy alleen ry:

1. Wanneer die verkeer tot stilstand kom, is dit belangrik om genoeg plek te laat sodat jy agter die motor voor jou kan uittrek indien nodig.

2. Sluit al die deure en draai die vensters toe wanneer jy bestuur.

3. Wees ekstra versigtig wanneer jy by kruisings stilhou waar daar baie straatverkopers, koerantverkopers, bedelaars en straatkinders is.

Lees ook: 7 beproefde maniere om veilig in die donker te bestuur

4. Bêre jou waardevolle items – skootrekenaar, handsak, selfoon – waar dit nie gesien kan word nie. Al is daar ’n afname in motorkapings is, het diefstal uit voertuie in Suid-Afrika toegeneem!

5. Bestuurders word dikwels deur ’n persoon by hulle venster besig gehou terwyl hulle deur sy trawant aan die ander kant beroof word.

6. Maak jou venster net ’n paar sentimeter oop as jy met iemand langs jou motor wil praat.

7. Moet NOOIT ’n vreemdeling of ryloper oplaai nie.

Lees ook: Die 5 gebooie van padveiligheid

8. Wees versigtig vir enige iemand wat beduie dat daar iets fout is met jou motor, tensy jy weet dat dit wel so is en dat dit gevaarlik is om verder te ry.

9. As jy vermoed dat jy agtervolg word, moet jy tot by die naaste polisiestasie of besige plek ry vir hulp.

10. Toet in potensieel gevaarlike situasies.

11. Vermy afleidings terwyl jy bestuur. Bly bewus van jou omgewing deur jou motorradio nie te hard stel nie, en hoe groot die versoeking ook al is om gou na jou foonboodskappe of op Facebook en Twitter te kyk, behoort jy jou foon elke keer af te skakel wanneer jy jou motor aanskakel.

12. Dinge wat jou aandag aflei laat jou kwesbaar vir kapers en grypdiewe wat dikwels ’n verrassingselement gebruik om jou te beroof.

13. Vermy interaksie met vreemdelinge op die pad. Vroue trek aandag bloot omdat hulle vrouebestuurders is. Daar is mense wat jou sal probeer voorkeer net omdat jy ’n vrou is, ongeag watter soort motor jy bestuur.

14. Vermy vreemdelinge wat jou aandag probeer trek – ry net verder, of draai by die volgende kruising af.

15. In die geval van padwoede, moenie in ’n woordewisseling betrokke raak nie. Doen die regte ding en ignoreer die persoon.

Uit: WOW

FOTO: iStock/pekour

LEES OOK:

ʼn Handige 9-stap-gids vir wanneer jy jou eerste motor koop

Wanneer is dit tyd om op te hou bestuur?

3 noodnommers wat alle Suid-Afrikaners moet ken

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om as voetganger veilig op die pad te wees

Voetgangerveiligheid is net so ’n groot verantwoordelikheid soos motorbestuur. Deur Juliet McGuire

Close