×
Skakel na Engels

15 interessante skoonheidsfeite

Dol oor grimering? Jou geliefkoosde produk of skoonheidsneigings kan dalk ’n interessante geskiedenis hê …
skoonheidsfeite

 

  1. Die stigter van Maybelline, Tom Lyle Williams, het sy handelsmerk na sy suster Mabel genoem, wat haar wimpers dikker en donkerder laat lyk het deur ’n mengsel van Vaseline en steenkoolstof te gebruik.
  2. Die antieke Egiptenare het die eerste grimering van koper- en looderts gemaak.
  3. Die eerste naellak is in 3000 v.C. in China uitgevind. Dankie tog dat die formule oor die eeue aangepas is, want die eerste naellak het uit byewas, gom, eierwitte en gekleurde poeier bestaan.
  4. Sommige grimeerprodukte in die 1930’s het radio-aktiewe materiaal bevat. Die handelsmerk Tho-Radia het ’n reeks parfuum, gesigpoeier, lipstiffie en ander produkte vervaardig wat toriumchloried en radium bevat het. Daar is geglo dat straling goed vir die vel is. Uiteraard is hierdie produkte nie meer op die mark nie.
  5. Revlon was die eerste handelsmerk wêreldwyd wat rooi naellak aan die mark bekendgestel het.
  6. In die 19de eeu is lipstiffie rooi gemaak deur karmynkleursel by te voeg wat onttrek is uit cochenille, skildluise van Suid-Amerika wat op kaktusplante leef.
  7. In die 1800’s het oogskadu’s en lipvlekkers dikwels giftige bestanddele soos kwiksulfaat en belladonna bevat.
  8. Die buisie maskara wat ons vandag ken, is eerste in 1913 deur Rimmel vervaardig en verpak.
  9. In die Middeleeue het vroue groot moeite gedoen om ’n bleek, porseleinagtige vel te verkry, soos om bloedsuiers op hul liggaam te plaas om hul bloed te dreineer om bleker te lyk!
  10. Dit was eers in die 1920’s, toe Coco Chanel per abuis op ’n seiljagvaart sonbrand opgedoen het, dat ’n sonbruin voorkoms gewild geraak het..
  11. Voordat L’Oréal die eerste haarsproei vir die massamark in 1960 bekendgestel het, moes vroue kies tussen hul hare glad stryk met ’n vetterige briljantien of ’n meganiese sproeier gebruik om dit met skellak te bedek wat in ’n oplossing van water en alkohol opgelos is.
  12. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was daar ’n tekort aan kosmetiekprodukte. Grimering is nooit gerantsoeneer nie, maar daar was ’n tekort aan bestanddele – hulpbronne soos alkohol en petroleum moes vir oorlogvoorrade gebruik word.
  13. Die oudste parfumerie is op die eiland Ciprus ontdek. ’n Argeologiese span het bewyse van ’n reuse-parfuumfabriek opgegrawe wat 4 000 jaar na die Bronstyd terugdateer.
  14. Die beroemde Chanel No 5-parfuum het sy naam gekry omdat Coco Chanel die vyfde monster goedgekeur en verkies het wat die parfumeur Ernest Beaux vir haar ontwikkel het.
  15. Max Factor, ’n gewilde en bekostigbare handelmerk wat die meeste van ons vandag ken, het in 1904 begin as ’n maatskappy deur die stigter met dieselfde naam wat pruike en teatergrimering vir die groeiende rolprentbedryf op bestelling vervaardig het. Tien jaar later, in 1914, is die vetterige verf wat op die verhoog en vir flieks gebruik is deur ’n dunner room vervang en in flesse verpak.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die 9 grootste foute wat jy met maskara maak

As jy slegs een maskara gebruik, is dit tyd dat ons ’n bietjie gesels. Deur Natalie Gontcharova en Sam Escobar

Close