×
Skakel na Engels

13 maklike maniere om by die huis water te bespaar

As jy op die hoogte van huidige sake is, sal jy weet dat Suid-Afrika ’n droogte ervaar. Die gebrek aan reën raak nie net boere en oeste nie, maar ons kan ’n ernstige nasleep hê as ons nie opgevoed word oor hoe om water te bespaar nie.
save water

Hier is ’n paar eenvoudige wenke om water by die huis te bespaar:

  1. Kyk dat krane en pype nie lek nie. As daar ’n badkamerkraan is wat aanhoudend drup en nie behoorlik kan toedraai nie, is dit nie net irriterend nie, maar ook ’n groot vermorsing van water. ’n Druppende kraan kan 15 liter water per dag mors!
  2. Isoleer warmwaterpype sodat jy nie so lank hoef te wag vir water om warm te word nie.
  3. Moenie skottelgoed onmiddellik was nie. Ja, dit beteken jy hoef nie jou koffiebeker dadelik te was nadat jy dit gebruik het nie. Wag eerder totdat jy meer vuil skottelgoed het voordat jy die wasbak vol water tap.
  4. Gebruik jou skottelgoedwasser of wasmasjien net vir vol ladings. Die waterverbruik vir elke siklus bly dieselfde, ongeag hoeveel artikels jy in die masjien plaas. Bespaar eerder water (en elektrisiteit) deur net ’n vol masjien aan te skakel.
  5. Vul ’n beker of bottel met drinkwater en hou dit in die yskas eerder as om ’n kraan oop te maak en te wag dat die koeler water begin uitkom elke keer wanneer jy wil water drink.
  6. Maak jou tuin vroeg soggens of vroeg saans nat wanneer die son nie te warm is nie. Minder water sal verdamp en vermors word.
  7. Plaas ’n deklaag rondom bome en plante om te keer dat water te gou geabsorbeer word.
  8. Stort eerder as bad. ’n Vinnige stort is nie net verfrissender in die somer nie, maar jy sal ook minder water gebruik.
  9. As jy ’n ysblokkie per ongeluk laat val, moet dit nie net in die wasbak gooi nie. Laat dit smelt en gooi dit dan oor ’n huisplant.
  10. Hou oorskietwater van gekookte of gestoomde groente vir die tuin.
  11. Draai die kraan toe terwyl jy jou tande borsel, skeer of jou hare was.
  12. Terwyl jy wag dat die water warm word, laat die water in ’n emmer loop en gebruik dit om jou tuin water te gee.
  13. Maak seker jy weet waar die meersterkraan is. Wanneer ’n pyp bars, kan jy water bespaar deur die meesterkraan toe te draai en só vermorsing en verdere skade aan die pyp keer.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Gesondheid is op die kinderspyskaart by die Holiday Inn

Hul nuwe kinderspyskaart bied hope voedsame maaltye

Close