×
Skakel na Engels

13 klerewenke om jou lewe makliker te maak

Los algemene klereprobleme op met hierdie briljante dog eenvoudige wenke

Ons was al almal die slagoffer van ’n klerenoodgeval, of jy nou ontdek dat jou spierwit hemp gekreukel is of jy lipstiffie op jou gunsteling-toppie laat beland. Beredder algemene klerenoodgevalle met hierdie maklike selfdoenwenke.

1. Raak ontslae van donsies op ’n sweetpaktop of spanbroek deur dit met ’n skeermes te verwyder.

2. Gebruik ’n haarstryktang om vinnig ’n gekreukelde kraag of soom te “stryk” wanneer jy haastig is.

3. Wend ’n bietjie skeerroom aan ’n grimeringvlek aan en vryf dit voordat jy dit soos gewoonlik was.

4. Vensterreiniger kan gebruik word om glansleer skoon te maak – spuit dit eenvoudig aan en vee af.

5. As leerskoene ’n bietjie aandag nodig het, maar jy het nie skoenpolitoer byderhand nie, gebruik vogroom om dit te poets en blink te vryf.

6. Keer dat hempknope afval deur ’n bietjie deursigtige naellak oor elke knoop te verf om die garing te seël.

7. Verwyder lipstiffievlekke deur ’n bietjie haarsproei op die vlek te spuit voordat jy die kledingstuk was.

8. Kry ’n ritssluiter wat vasgesteek het los deur Vaseline al langs die ritssluiter aan te wend.

9. Verwyder watervlekke van leer deur ’n mengsel van een deel asyn en twee dele water daarop te spuit.

10. Spuit hemde wat geneig is om sweetvlekke te kry met suurlemoensap voordat jy dit in die wasmasjien gooi.

11. Keer dat jou sykouse leer deur haarsproei daarop te spuit. En as dit steeds leer, kan jy die rande met deursigtige naellak verf om te keer dat dit verder leer.

12. Gebruik koeksoda om ’n paar wit tekkies op te helder. Maak ’n pasta van koeksoda en water en skrop oor die vuil gedeeltes om dit skoon te kry.

13. Laat gestrykte klere altyd eers afkoel voordat jy dit aantrek. Dit sal keer dat nuwe kreukels vorm.

LEES OOK:

21 skoonmaakprobleme waarvoor jy koeksoda kan gebruik

8 wasgoedfoute wat jou klere verrinneweer

5 vlekverwyderaars wat elke huishouding moet hê

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kombuishelpers

Skoon masjiene werk op hul doeltreffendste. Kry ’n skoon …

Close