1. Keer dat appels bruin raak
Hierdie wenk om te keer dat appels bruin raak is briljant!
Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.
2. Appelringe met grondboontjiebotter en aarbeie
Hier is ‘n idee vir ‘n vars, vinnige en heerlike peuselhappie.
3. Hoender in blaarslaaibakkies
Hierdie hoender in blaarslaaibakkies is alles wat jy wil hê in ‘n kosblik – Vinnig ✔️. Maklik ✔️. Lekker ✔️.
4. Mini-pitas met hoender
Jou kinders sal dol wees oor hierdie mini-pitas met hoender! Die mini-pitabrode is nie net oulik nie, dit is ook makliker om te hanteer.
5. Nutella-toebroodjie-suigstokkies
Stel jouself voor hoe opgewonde jou kleinding sal wees as sy haar kosblik oopmaak en dié Nutella-toebroodjie-suigstokkies daarin sien!
6. Pannekoeke met grondboontjiebotter en piesang
Kyk nou net hierdie slim wenk met oorskiet-pannekoek! Wie sal nie dié heerlike pannekoeke met grondboontjiebotter en piesang in hul kosblik wil kry nie?
7. Toebroodjie-kebabs
Kyk net hoe oulik is hierdie toebroodjie-kebabs!
8. Gepluisde hoender met Sriracha-mayonnaise
Hierdie gepluisde hoender met Sriracha-mayonnaise is ideaal vir ‘n kantoormiddagete.
9. Hou happies apart
Is jy moeg daarvoor om te hoor jou kinders wil nie hul middagete eet nie omdat “die kos aan mekaar geraak het” (net nie dít nie!)? Dié slim wenk om peuselhappies apart te hou sal vir kosblik- en piekniekkos werk!
10. Wraps met spiansie, hoender en rooisoetrissiehummus
Hierdie wraps met spinasie, hoender en rooisoetrissiehummus is nie net perfek vir kosblikke nie, dit is ook ‘n ideale happie by ‘n partytjie.
11. Hou jou middagete koel
Kyk net hierdie briljante en koste-effektiewe manier om jou middagete vars en koel te hou!
12. Hoender met noedels en gekapte groente
Hierdie hoender met noedels en gekapte groente kan ook met rys of koeskoes gemaak word. NJAMMIE!
FOTO: iStock/SolStock
LEES OOK:
Ons 10 lekkerste kantoorkosblik-idees vir 2018
Dis maklik om ’n gesonde middagete vir jou kinders in te pak