×
Skakel na Engels

12 goed wat skadeliker vir jou verhouding is as verneukery

Jy doen #6 waarskynlik sonder om dit te besef. Deur Hannah Smothers
verhouding

Om jou maat te verneuk is een vinnige, seker manier om ’n verhouding absoluut te vernietig, maar soos ’n gesprekslyn op Ask Reddit onlangs uitgewys het, is daar verskeie ander dinge wat veel erger kan wees wanneer dit kom by die vernietiging van selfs die sterkste verhoudings. Van die ergste goed wat tot die verbreking van ’n verhouding gelei het (wat nie verneukery insluit nie), het klein en amper onwaarneembaar begin, en dis wat dit so gevaarlik maak.

1. Om vir jou maat te jok en goed weg te steek.

Selfs al doen jy dit uit liefde om sy/haar gevoelens te beskerm, kan dit in ’n groot probleem ontaard as jy klein goedjies wegsteek vir iemand met wie jy ’n verhouding het en vertrouenskwessies veroorsaak wat ’n verhouding kan ruïneer. Soos canada432 geskryf het: “Jy moet bykans enige iets vir jou maat te kan sê. As jy iets wegsteek omdat dit hom kan seermaak, moet jy dit waarskynlik in die eerste plek nie doen nie.”

2. Om enige soort toegeneentheid te weerhou.

Of toegeneentheid nou beteken om baie aan mekaar te raak, mekaar intense vrae oor belangrikse goed te vra of mekaar deur hindernisse te help, dit kan onherstelbare skade in ’n verhouding veroorsaak as jy afwesig en afsydig is.

3. Om ’n grief stilweg te koester.

Soos VoxMeretricis geskryf het: “Teen die tyd dat oor die gegriefdheid gepraat word, is die skade [aan die verhouding] reeds gedoen. Dit begin stilweg, maar raak mettertyd groter, en dit is wat dit so gevaarlik maak.

4. ’n Gebrek aan kommunikasie.

Dit beteken nie teksboodskappe heeldag lank nie, maar om nie met mekaar te praat oor dinge wat jou pla wanneer dit opkom nie, of om gerieflikheidshalwe besonderhede uit te laat wat jy dink probleme kan veroorsaak. Alles word ingehou en word uiteindelik onthul, maar teen die tyd dat dit gebeur, is dit gewoonlik onbeheerbaar.

5. Om hardkoppig oor goed te wees of in sekere posisies ingegrawe te wees.

Dit is net nog ’n manier om te sê jy weier om tegemoetkomend te wees. As jy lief vir iemand is, moet jy bereid wees om ’n kompromis aan te gaan. Maats wat net dinge kan hanteer as dit op een manier (hul manier) gedoen word, is basies net met hulself in ’n verhouding.

6. ’n Gekibbel oor alledaagse kwessies en take.

Ja, die stryery wat julle altyd het oor wie se beurt dit is om die vullis uit te neem klink dalk nie nou na ’n groot kwessie nie, maar dit is die soort ding wat mettertyd ’n groter kwessie word en, selfs erger, ammunisie word vir groter, ernstiger rusies in die toekoms.

7. Neerbuigendheid.

Om af te praat na jou maat is net nog ’n manier om jouself groter en magtiger as hy/sy te maak, en ’n magswanbalans is die laaste ding wat jy in ’n langdurige, gesonde verhouding wil hê. Soos messedfrombirth geskryf het, neerbuigendheid is erger as wanneer jy iemand verneuk, want “dit laat jou eiewaarde verkrummel”. Jy sal dus steeds die skade voel, selfs nadat die verhouding geëindig het

8. Om ter wille van gerief in ’n verhouding te bly.

Of dit nou is omdat julle nie jul families wil teleurstel met die beëindiging van jul verhouding nie of omdat julle ’n groot vakansie oor ses maande beplan het, dit kan tot bitter griewe en ’n verskriklike bakleiery en hartseer lei lei as julle bymekaar bly net omdat julle voel julle moet, terwyl daar ’n kans was dat julle vriendelik met mekaar sou kon bly.

9. Manipulasie.

Dit is moeilik omdat dit dikwels so subtiel is, en jy besef nie jou maat manipuleer jou (of jy manipuleer jou maat) totdat dit heeltemal te laat is nie. Soos reallybigleg geskryf het: “Die verhoudings wat my ‘gebreek het’ (wat ek albei terloops verlaat het, so dit is nie ’n geval dat my hart gebreek is nie …), was weens geleidelike verlies aan eiewaarde gedurende die verhouding deur ’n proses van manipulasie deur die ander party.”

10. Jaloesie.

Selfs sonder dat iemand jou verneuk, kan dit soveel erger wees as jy agterdogtig is dat dit gebeur.

11. Om ’n vals weergawe van jouself aan die begin voor te hou.

Dit kan so eenvoudig wees as om voor te gee dat jy van gruwelflieks hou terwyl jy dit eintlik haat, of so groot as om te sê jy is nie op soek na iets ernstigs nie wanneer jy einlik is. Dis die beste om van die begin af eerlik te wees, want dié klein dingetjies kan mettertyd groot redes word wat ’n verhouding kan laat eindig. 

12. Om saam te bly omdat julle medeafhanklik van mekaar geword het.

“Julle is saam omdat julle medeafhanklik is en nie een van julle wil alleen wees nie,” het beaverteeth92 geskryf. Met ander woorde, die vonkel tussen julle is nie meer daar nie, en die enigste rede dat julle saam is, is sodat julle nie alleen hoef te wees nie.

Van: www.goodhousekeeping.com

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Is ontrouheid aansteeklik?

Hoe om jou huwelik te anker terwyl ander s’n uitmekaar val

Close