×

12 fantastiese plaaslike Kersmarkte in 2016

As jy nog nie jou Kersinkopies gedoen het nie, maak seker jy skryf hierdie plaaslike markte in jou dagboek
kersmarkte

 

WES-KAAPSE MARKTE

1. GABRIËLSKLOOF SE “OUR FAVOURITE THINGS”-MARK

Hierdie jaarlikse Botrivier-Kersmark is waar die mense van die Overberg-streek en omstreke bymekaar kan kom om handgemaakte goedere, vintage-produkte en gebreide artikels te geniet en koop. Dis ’n goeie plek om feesinkopies weg van die propvol winkelsentrums te doen. Kinders kan uitsien na ’n springkasteel, en volwassenes kan hope handgemaakte produkte geniet. Toegang tot die mark is gratis.

Wanneer: 16 Desember: 17:00 – 21:00; 17 Desember: 10:00 – 18:00; 18 Desember: 10:00 – 15:00

Waar: Gabriëlskloof-wynlandgoed, Botrivier

2. STELLENBOSCH SLOW MARKET SE “CHRISTMAS ON FIRE”-MARK

Vanjaar se tema is “Food on Fire”, en besoekers kan ’n verskeidenheid kos verwag wat op die vlamme berei word. Die mark is die ideale plek om al jou Kersgoedjies te kry – dit het meer as 100 spesialishandelaars wat alles van gemmerbroodhuisies en Kersvrugtekoeke tot hamrolle, Duitse Bratwurst, vonkelwyn, fynbos-vormbome, dekor en baie meer ditjies en datjies vir die feestyd verkoop.

Wanneer: 2 Desember: 17:00 – 22:00; 3 Desember: 09:00 – 14:00

Waar: Oude Libertas-amfiteater, Stellenbosch

3. SIMPLY SOUTH-GESKENK-EN-KUNSVLYTMARK

Dié gewilde mark in die suidelike voorstede word vir die sesde jaar aangebied en is groter as tevore. Dit word vanjaar by die NG Kerk Constantia gehou. Daar sal sowat 220 stalletjies in ’n kalm, rustige agtergrond wees. Krediet- en debietkaartgeriewe sal beskikbaar wees en toegang tot die mark is gratis.

Wanneer: 5 Desember tot 22 Desember: Maandag tot Vrydag: 10:00 – 20:00; Saterdag: 10:00 – 17:00

Waar: NG Kerk Constantia, Bergvliet

KZN-MARKTE

4. KZN-KERSMARKFEES

Die mark het ’n nuwe, unieke indirekte verkoopsbenadering en stalletjiehouers sal nie hul ware individueel verkoop nie. Besoekers sal in ’n feestelike ouditorium vol handgemaakte hoëgehaltegeskenke, -dekor, -speelgoed en verversings verwelkom word. Die mark se uitleg is meer kleinhandelgeoriënteerd, met inkopiemandjies en kredietkaartgeriewe.

Wanneer: 13 Desember tot 16 Desember: 09:00 – 20:00; 17 Desember: 09:00 – 13:00

Waar: CityHill-ouditorium, Hillcrest

5. HILLCREST COUNTRY MARKET SE KERSGELEENTHEID

Die Hillcrest Country Market fokus op plaaslik vervaardigde goedere van goeie gehalte. Die mikpunt is om ’n eksklusiewe koopervaring te bied, maar met die sjarme van ’n landelike mark. Dié mark is gerieflik geleë in die hart van Hillcrest, net 1,5 km van die M13 se op- en afritbane. Die venue is maklik toeganklik vanaf Durban en die Middelland.

Wanneer: 18 Desember: 09:00 – 14:00

Waar: Emoyenirylaan 17, Central Hillcrest

VRYSTAATSE MARKTE

6. WESTDENE PARK-MARK

Die Westdene Park-mark bring kunsvlyt, styl, plaaslike attraksies en kreatiewe mense bymekaar wat die kuns van kos en ontwerp in die stad bemeester. Toegang vir besoekers is gratis.

Wanneer: 3 Desember: 09:00 – 13:00

Waar: Brillstraat, Westdene, Bloemfontein

7. KROONHEUWEL-KRISMISMARK

Die Kroonheuwel-Krismismark is ’n jaarlikse hoogtepunt op Kroonstad se kalender. Die mark bied ’n groot verskeidenheid Kersgeskenke, unieke kuns en kunsvlyt, iets vir die suikertand, juweliersware en klere. Bring jou vriende en doen jou Kersinkopies en geniet iets om te eet in die teetuin.

Wanneer: 29 November tot 3 Desember: Dinsdag: 18:00 – 21:00; Woensdag tot Vrydag: 09:00 – 19:00; Saterdag: 09:00 – 13:00

Waar: Laerskool Kroonheuwel, Verwoerdstraat 1, Kroonstad

GAUTENGSE MARKTE

8. PARKVIEW-KERSMARK

Die Parkview-Kersmark bied ’n lieflike winterwonderland in Europese styl met fantastiese vermaak deur plaaslike kunstenaars. Met meer as 80 stalletjies het die mark iets vir jonk en oud, asook ’n wonderlike geleentheid vir familie en vriende om tyd saam deur te bring.

Wanneer: 25 November tot 27 November: Vrydag: 15:00 – 22:00; Saterdag en Sondag: 10:00 – 22:00

Waar: George Hay-park, Parkview

9. BRYANSTON- ORGANIESE MARK SE KERSFEES-MAANLIGMARK

Die Bryanston Organiese Maanligmark is in 1976 begin, wat dit Johannesburg se oudste buitelugmark maak. Saam met organiese groente en vrugte is daar meer as 140 stalletjies met heerlike deli-kosse, kunsvlytprodukte, geskenke, juweliersware en klere wat van slegs natuurlike materiale gemaak word. Met vier eetplekke en musiekvermaak, asook hope aktiwiteite vir kinders, is dit ’n mark wat jy nie wil misloop nie.

Wanneer: Elke Dinsdag vanaf 17:00 van 22 November tot 20 Desember

Waar: Culrossweg, Bryanston, Sandton

10. NICKEL-KERSMARK

Die Nickel-Kersmark word vanjaar vir die 16de keer aangebied en is ’n jaarlikse werkskeppingsgeleentheid wat aan kunsvlyters die geleentheid gee om hul handewerk te verkoop. Dit is ’n ideale gesinsuitstappie by ’n venue waar jy nie net Kersinkopies kan doen nie, maar daar is ook ’n veilige plek vir kinders om te speel terwyl hul ouers rondloop.

Wanneer: 3 Desember tot 18 Desember: 09:00 – 18:00

Waar: Plot 214, Zwavelpoort, Pretoria-Oos

11. KAMERS/MAKERS, IRENE

Die gewilde mark van Stellenbosch, Kamers Vol Geskenke, is nou ook in Irene. Dié mark het alles wat jy vir Kersgeskenke wil hê, van klere tot kombuisware en kunswerke. Die mark het ’n verwelkomende atmosfeer met heerlike kos, speelplek vir kinders en musiekvermaak. Kaartjies kos R50 wanneer jy dit vooraf by www.plankton.mobi koop of R70 by die deur; gratis vir kinders onder 18.

Wanneer: 28 November tot 4 Desember: 09:00 – 17:00

Waar: Southdowns College, Irene, Pretoria

12. DIE COW HOUSE-MARK, CENTURION

Die Cow House-mark is Pretoria se nuutste gourmetkos-en-kunsvlytmark, en is in ’n venue geleë wat vir enige weer geskik is. Toegang, parkering en vermaak is alles gratis, en so ook die groot kinderspeelgebied. Dit alles maak dit die ideale gesinsuitstappie in Pretoria, en dit vind elke naweek plaas!

Wanneer: Elke Saterdag in November en Desember van 10:00 tot 16:00

Waar: Hoek van Ridgeweg en Oukraalboulevard, Hazeldean, Pretoria-Oos

LEES OOK:

4 top-somermarkte

10 beste aanlyn winkels vir Kersinkopies

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ons stel bekend: Inkopieterapie by die verbeterde Menlyn Park

Op jul merke, gereed, koop!

Close