×

11 van ons beste eenskottel-aandetes

Eenskottel-aandetes is maklik, moeiteloos en baie veelsydig!
eenskottel-aandetes

Moet nooit die veelsydigheid van eenskottelkos onderskat nie! Dink aan die eenskottelgereg as ’n slim manier om wat jy ook al in die yskas of spens het te gebruik en dit in ’n heerlike gesinsete te omskep. Om ’n maaltyd in een skottel te berei – en verkieslik voor te sit – spaar jou nie net tyd en moeite nie, maar beteken ook minder skottelgoed. Uit ons oogpunt is die eenskottelgereg dus regtig die besige vrou se beste keuse, of jy nou vir die hele gesin of net vir julle twee kos maak.

Ons gunsteling-eenskottel-aandetes:

1. Mediterreense varkworsiegereg

Dié een sal net so goed vir ’n luilekker Saterdagmiddagete of Sondaglaatontbyt werk.

m

2. Garnaal-en-mango-gereg

Dié somerse gereg smaak net so goed soos dit lyk!

pepper-pots

3. Pikante eenpan-hoender

Dié geurige aandete sal ook lekker smaak met kalkoen of jou gunsteling-witvisfilette.

zesty-chicken-one-pan
4. Eenskottelgereg met hoender, appelkoos en lemoen

Propvol geur en heilsaamheid danksy die heerlike kombinasie van lemoen en appelkose.

chicken-one-pot

5. Warm Caprese-tert

So maklik en smaaklik – wie sou kon dink jy kan die klassieke Caprese-slaai in ’n selfs lekkerder maaltyd omskep?!

caprese-tart

6. Lekkerste vegetariese diepskottelpizza

Dis so lekker dat selfs vleiseters vir ’n tweede – of derde – porsie sal nader staan!

diepskottelpizza

7. Italiaanse vispot

Aandag, alle seekosliefhebbers! Hierdie heerlike gereg sal ’n gesinsgunsteling word.

fish-stew

8. Ryk eiervrug-stowegereg

Eet die reënboog! Sit hierdie lieflike, helderkleurige bredie met growwe brood voor.

brinjal-stew

9. Vegetariese pan-lasagne

Mmm … Wie hou nie van gesmelte kaas nie?! Die basilie verleen ’n lekker vars smaak.

veggie-lasagne

10. Chipotle-en-lensiegereg

Gee jou aandete-menu ’n bietjie skop met hierdie wenresep. Dis so vinnig en maklik om te maak!

lentil-chilli

11. Maklikste spinasielasagne nóg!

’n Slim en heerlike manier om groente by jou kinders se dieet in te smokkel.

lasagne

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 eenvoudige, maklike GH-idees vir aandete

Probeer gerus dié lekker eenvoudige maaltye vir dié week se aandetes

Close