×

11 goed wat jy waarskynlik nie van Chalk Paint™ geweet het nie

Wat jy van almal se geliefkoosde Chalk Paint™ moet weet
chalk paint

Deesdae kan jy nie van krytverf praat of “chalk paint” google sonder om na die naam Annie Sloan te verwys nie.

Sloan, ’n verfghoeroe, het haar nou beroemde Chalk Paint™ meer as 25 jaar gelede ontwikkel toe sy ’n verf nodig gehad het wat vir baie gebruike geskik sou wees, soos om pleks van witkalk te gebruik of om iets soos ou geverfde meubels te laat lyk. Die verf is gebruikersvriendelik en die reeks sluit tans meer as 30 pragtige Europees geïnspireerde kleure in.

HET JY GEWEET?

  1. Chalk PaintTM het ’n fluweelagtige mat afwerking en kan op bykans enige oppervlak aangewend word sonder enige onderlaag of afskuring.
  2. Jy kan Annie Sloan Soft Wax byvoeg vir ’n subtiele glans, beskerming en duursaamheid. Voeg Dark Wax by vir ’n verouderde voorkoms.
  3. Jy kan dit op mure, vloere, hout, beton, metaal, mat plastiek, erdeware, bakstene, klip en meer gebruik – binne of buite. Jy kan selfs stoffering daarmee verf of materiaal daarmee kleur!
  4. Dit word vinnig droog; daarom kan jy vinnig ’n tweede laag byvoeg en jou huis transformeer sonder om lang tye te wag.
  5. Dit bied ruim bedekking – ongeveer 13 m2 per liter – en een laag is gewoonlik genoeg.
  6. Chalk PaintTM kom in 33 geskiedkundige en moderne kleure wat jy met selfvertroue kan meng om jou palet uit te brei.
  7. Chalk PaintTM kan met water verdun en gebruik word om meubels ’n verbleikte voorkoms te gee.
  8. Dit kan ook as ’n impasto (’n dik aanwending) gebruik word – haal net die deksel af en laat die verf oornag dik word.
  9. Chalk PaintTM het ’n waterbasis, is niegiftig, geurloos en bevat baie min vlugtige organiese verbindings.
  10. Kwaste word maklik in water afgespoel.
  11. Chalk PaintTM word nou ook volgens Annie se unieke formule in Suid-Afrika gemaak.

WAT IS NUUT?

Annie se nuutste boek, Annie Sloan Paints Everything (Cico Books), sal van November af in boekwinkels landwyd beskikbaar wees.

’n Lieflike nuwe koel blou genaamd Giverny is pas bekendgestel.

Wees op die uitkyk na die praktiese en pragtige stensilreeks, asook die vernuftige MixMatTM.

WAAR OM CHALK PAINT™ TE KRY:

As jy meer inligting oor Annie Sloan se verwe wil hê, besoek haar webwerf en kliek hier om jou naaste verskaffer te kry.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Druk dit uit: Skoenlapper-servetringe wat jy self kan maak

Hier is ’n prettige projek wat jou gaste beslis sal beïndruk

Close