×
Skakel na Engels

101 lesse wat ek my dogter wil leer

’n Ma se werk is nooit klaar nie – hier is 101 pittige lewenslesse wat jy aan jou dogter kan oordra
dogter
  1. Sjokolade is net ’n tydelike regmaker.
  2. ’n Bra wat behoorlik pas, is nie ’n luukse nie; dis ’n noodsaaklikheid.
  3. Jou geluk is jóú geluk en joune alleen.
  4. Leer hoe om rooi lipstiffie aan te wend.
  5. Leer hoe om rooi lipstiffie met trots te dra.
  6. ’n Kêrel regverdig nie jou bestaan nie.
  7. Eet daardie ekstra skyf pizza.
  8. Dra klere wat jou elegant dog gemaklik laat voel.
  9. Wees onvoorwaardelik lief vir die wêreld.
  10. Sien die mooi in alles raak.
  11. Koop vir jou vriende aandete wanneer jy kan.
  12. Wend sonroom asof dit ’n wet is.
  13. Doen alles in jou vermoë om in aanraking te bly met vriende wat ver is.
  14. Laat almal om jou op hulle gemak voel.
  15. Stap met jou kop omhoog.
  16. Bestel ’n kaasburger op daardie eerste afspraak as jy wil.
  17. Moet nooit, ooit jou naels byt nie.
  18. Sit ’n bietjie lipstiffie aan, gryp jou leerbaadjie en glip iewers by ’n kroeg in.
  19. Leer uit die foute wat jy op dié aand sal maak.
  20. Mondhigiëne is nie opsioneel nie.
  21. Jou matriekuitslae is nie ’n belydenis van jou karakter nie.
  22. Vind jou krag in oomblikke juis wanneer jy swak voel.
  23. Jy hoef nie van joga te hou nie.
  24. Kies ’n gunsteling-teesoort.
  25. Pas jou voete op.
  26. Kies ’n geliefkoosde parfuum.
  27. Selfs al is jy lank, dra steeds daardie hakke.
  28. Styl is ’n relatiewe begrip.
  29. Drink whisky as jy van whisky hou.
  30. Drink wyn as jy van wyn hou.
  31. Hou waarvan jy hou.
  32. Moenie verduidelik nie.
  33. Pynstillers en energiedrankies kan jou beste vriend word.
  34. Jy’s nie minder van ’n vrou in ’n sweetpak en gimskoene, as ’n vrou in spykerhakke en ’n potloodromp nie.
  35. ’n Vrou is ’n vrou is ’n vrou.
  36. Wees lief vir jou medevrou met jou hele hart en siel.
  37. Huil met oorgawe by jou vriende.
  38. Lag saam met jou vriende tot jy nie meer kan asemkry nie.
  39. Vertel my alles.
  40. Oefen om sterk en gesond te kan wees. ’n Mooi siel het ’n stewige “dop” nodig.
  41. Moenie skaam wees om te hoop op liefde nie.
  42. My kos is die beste kos.
  43. Moenie verhoudings met seuns ligtelik opneem nie.
  44. Ek bedoel dit.
  45. Anna Karenina. Ek sal daarvan hou as jy dit lees.
  46. Die wêreld draai om die beginsel van ingebore tragedie.
  47. Moenie blind wees daarvoor nie.
  48. Mans is vir alle doeleindes idiote totdat hulle 26 is.
  49. Koolhidrate is nie die vyand nie.
  50. Raak betrokke by ’n georganiseerde aktiwiteit van jou keuse.
  51. Luister af en toe na klassieke musiek.
  52. Lê gereeld lank in ’n lekker warm bad.
  53. Moenie badsout gebruik nie.
  54. Jy is meer as bevoeg.
  55. Ek belowe.
  56. Moenie glimlag as jy dit nie bedoel nie.
  57. Wees opreg kwaad. Wees opreg hartseer. Wees opreg seergemaak.
  58. Ek is áltyd besig om te luister.
  59. Reis.
  60. Verdwaal in ’n vreemde land met net R60 in jou rekening.
  61. Maak my woedend.
  62. Maak my bekommerd.
  63. Kom stinkend en moeg – én met ’n goeie storie – by die huis.
  64. Jou storie is nie regtig joune nie.
  65. Jy is ’n versameling van ander se stories.
  66. Iets wat goed pas en stemmig is, is áltyd sexiër as iets wat te klein en te styf.
  67. Wie gee om of blinkertjies smaakvol is of nie?
  68. Dis eintlik te veel oogomlyner, as jy dan nou móét vra.
  69. Leer om te bak wanneer jy hartseer is en ek nie daar is nie.
  70. Nederigheid en onderdanigheid is nie sinonieme nie.
  71. Was jou gesig twee keer per dag.
  72. Werk sagkens met jou vel.
  73. Wetenskap is regtig cool.
  74. Dieselfde geld literatuur.
  75. En geskiedenis.
  76. En wiskunde.
  77. Daar is geen plaasvervanger vir vars lug nie.
  78. Doen altyd jou deel.
  79. Maak later op daarvoor as jy nie kon nie.
  80. Daardie slaai is nie beter as pasta nie en dit sal nooit wees nie.
  81. Jy flous niemand nie.
  82. Kry minstens drie groen groentes wat jy kan verduur.
  83. ’n Smoothie is nie ’n maaltyd nie.
  84. Verwag die beste van almal.
  85. Mense gaan jou in die steek laat.
  86. Bak in die son (met ’n sonhoed en ’n SBF 50, natuurlik).
  87. Daar is ’n sekere soort man wat jy teen elke prys moet vermy.
  88. Jy sal dit weet wanneer jy hom ontmoet.
  89. Wat ander mense sê reg is, voel nie altyd reg nie.
  90. Dit wat reg voel, is gewoonlik waarin jou geluk lê.
  91. Gee bedagsame geskenke.
  92. Vorm ’n mening.
  93. Hou daarby.
  94. Hou matigheid voor oë wanneer jy afskilfer.
  95. Stry met mense wanneer dit nodig is.
  96. As dit die moeite werd is om voor te baklei, baklei met jou hele hart.
  97. Maar moenie baklei om aanvaar te word nie.
  98. Dit hoef nie nodig te wees nie.
  99. Neem foto’s, maar nie te veel nie.
  100. Volg ten alle koste jou sielsgeluk. (Ek gaan jou egter op 22 afsny.)
  101. Sjokoladeroomys kan dalk – dalk – net enige iets in die lewe regmaak

Bron: www.thoughtcatalog.com

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief