×

10 wenke vir ’n onvergeetlike Kersfeesmaal

Dié slim wenke sal verseker dat jou Kersete die beste nóg is

kersfees

1. YSKOUE BORRELS

Sit sjampanje drie uur voor jou gaste opdaag in die yskas. Vonkelwyn neem langer as gewone wyn om te verkoel.

 

2. SPAAR OP SALM

As jy happiegrootte canapés met salm wil voorsit, spaar ’n paar rand deur uit te kyk na afgemerkte pakke gerookte-salmafsnysels.

 

3. SO SAPPIG!

Vir die sappigste Kerskalkoen, laat dit vir minstens 30 minute tot een uur rus nadat jy dit uit die oond gehaal het. Bedek dit met foelie en skoon vadoeke.

 

4. RY DIE SOUSTREIN

Bedruip die kalkoen minstens vier keer tydens die gaarmaakproses met die vleissappe om te verseker dat die vleis sappig is.

 

5. HUL ’N BIETJIE

As jy sommer gekoopte bosbessiesous wil gebruik, roer ’n bietjie gerasperde suurlemoen- of lemoenskil by om dit meer tuisgemaak te laat proe.

 

6. MAKLIKE HAPPIES

Voeg vars kruie en fyngedrukte knoffel by ’n kitsklaar-vulsel. Rol dit in balletjies en rooster dit in die oond vir bros dog sagte peuselhappies.

 

7. SJOKOLADE-VERRASSING

Maak die tradisie van ’n silwermundstuk nuut deur ’n sjokolademuntstuk by elke porsie nagereg te voeg.

 

8. PLANNE MET OORSKIET

Het jy hopeloos te veel brandewynbotter gemaak? Smeer dit op skons of vrugtekoek – dis heerlik!

 

9. SLIM IDEE

Berei jy ’n kaasbord? Vries ’n tros druiwe vir pragtige bevrore happies saam met die kaas.

 

10. Sê KAAS!

Onthou, as jy stiltonkaas voorsit, laat dit vir minstens ’n uur buite die yskas “asemhaal” voordat julle dit eet.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om dié Kersfees te kry wat jy régtig wil hê

Kyk die video van die selfdoen-koningin met (on-)subtiele maniere om seker te maak jy kry dié Kersfees jou droomgeskenk …

Close