×
Skakel na Engels

10 verrassende gebruike vir grondboontjiebotter

Natuurlik is die beste plek vir grondboontjiebotter tussen twee snye vars brood, maar jy sal verras wees om te hoor watter ander wonderlike dinge dié smeer kan doen
peanut butter

 

  1. Keer visreuke

Het jy pas vis in die pan gebraai? Raak ontslae van die visserige reuk deur ’n eetlepel grondboontjiebotter in die pan te skep en braai dit vir een minuut.

  1. Versteek jou troeteldier se pille

As jy sukkel om jou troeteldier sover te kry om sy pille te sluk, versteek dit in ’n bietjie grondboontjiebotter.

  1. As ’n bolaag vir pannekoek

Skep grondboontjiebotter en piesang op ’n varsgebakte pannekoek … njam!

  1. Gebruik dit om swart of bruin leerskoene te poleer.

Plaas ’n bietjie grondboontjiebotter op ’n sagte lap en gebruik dit dan om skoene blink te vryf. Grondboontjiebotter se olierige inhoud maak die leer skoon en skep ’n lieflike glans.

  1. Verwyder borrelgom

Om borrelgom uit hare, klere, bekleedsel en matte te verwyder, vryf ’n bietjie grondboontjiebotter in die borrelgom in. Los dit vir drie minute en vryf dit dan af. Die borrelgom behoort maklik af te kom.

  1. Raak ontslae van die taaierigheid van ’n prysetiket

Daar die taaierige residu wat agterbly wanneer jy ’n etiket aftrek is baie irriterend. Vryf ’n klein bietjie grondboontjiebotter daaroor en jy sal dit tjoef-tjaf kan verwyder.

  1. Maak ’n voerplek vir voëls

Bedek ’n dennebol met grondboontjiebotter, rol dit in voëlsaad en hang dit dan aan ’n boom. Die voëls sal dol wees daaroor!

  1. Gebruik dit as ’n plaasvervanger vir botter wanneer jy bak

Gebruik grondboontjiebotter pleks van botter in jou bakresepte vir ’n heerlike neuterige geur.

  1. Keer dat ’n roomyshorinkie lek

Plaas ’n klont grondboontjiebotter onderin die horinkie voordat jy die roomys inskep. Dit sal keer dat die smeltende roomys lek – en dis ’n lekker verrassing aan die einde.

  1. Maak ’n heerlike bolaag vir springmielies

Verhit ’n kwartkoppie elk suiker, heuning en grondboontjie liggies op die stoof en voeg ’n knippie sout by. Giet dit oor vars springmielies en laat dit afkoel. Tog te lekker!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
9 slim maniere om jou badkamer vir langer skoon te hou

Want om grillerige seepaanpaksels skoon te skrop is vir niemand lekker nie

Close